Finansies

Slegte nuus vir jongman wat wil boer

Vraag

Ek is amper klaar met skool en wil graag na skool of universiteit 'n boerdery begin, hoofsaaklik met graan, maar ek het nie die finansies om te begin nie. Is daar 'n manier en lening wat ek kan kry om 'n boerdery te begin? Ek sal waardeer as u my al die nodige inligting gee, van hoe ek die finansies kan kry om n boerdery te begin. Ek weet dit gaan harde werk verg om klein te begin maar ek is gereed vir die stryd om 'n sukses te maak. Dankie-Mark Berry

Antwoord

Die slegte nuus is dat jy op jou ouderdom bykans geen kans het om finansiering tel kry om ‘n boerdery van nuuts af te begin nie. Jou beste kans is om vir jou werk op ‘n plaas te kry en eers ondervinding op te doen. Namate jy vir ‘n boer van waarde begin raak kan hy dit dalk oorweeg om jou bo en behalwe jou salaris ook ‘n deel-oes te betaal en jou mettertyd dalk ook sal toelaat om jou eie vee te begin aanhou. Die volgende stap sal dan wees dat jy eers grond huur en daarop self begin boer. Dit sal jou kans gee om bedryfsbates op te bou totdat jy dalk eendag in staat is om jou eie plaas te koop. Dis ongelukkig nie ‘n maklike en kort pad nie.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Computus, Bethlehem.

30 September 2016


Kommentaar

Een kommentaar op “Slegte nuus vir jongman wat wil boer

  1. Koos
    Koos

    Ek admireer die jong man en weet hoe hy voel. Ek het ook eers laat in my lewe begin boer. Daar is n boek geskryf deur Curtis Stone – the urban farmer. as ook Joel Salatin – Poultry profits. kry vir jou die twee boeke en begin jou beplanning van dag een af reg. Daar is n gesegde ” as jy iets wil doen en jy kry dit nie reg nie, dan wou jy nie regtig nie” Sterkte.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.