Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Finansies / Suksessie-van-vaste-plaasbates-n-bk

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Suksessie van vaste plaasbates in 'n BK

Ingestuur deur Janbez op 3 April, 2006 - 13:00

Vraag

'n Leser soek raad wat uit 'n belastingoogpunt sin maak vir suksessie van die plase in 'n BK.

Antwoord

Deur: Dr. PHILIP THEUNISSEN

Vraag:

Ek het u antwoord op Alternatiewe vir suksessie in 'n familietrust baie leersaam gevind. Ons het 'n soortgelyke senario waar ons bates in twee beslote korporasies omvat word.

Die een korporasie omvat die vaste bates, naamlik twee plase, en die tweede beslote korporasie omvat die lopende bates. Oorspronklik was daar vier aandeelhouers, maar nou is ek en my pa die enigste aandeelhouers. My vraag is op die korporasie wat die vaste bates omvat, gerig. My pa hou 'n 75 % aandeel en ek 'n 25 % aandeel in die vaste bate korporasie. My ouers is 65 jaar van ouderdom en daar word vir hulle 'n salaris betaal vir hul steeds aktiewe diens in die onderneming.

My vraag is: Het u enige voorstelle wat ons as 'n gesin kan ondersoek vir generasie-suksessie van die genoemde korporasie wat die twee plase omvat? Is daar raad wat uit 'n belastingoogpunt sin maak vir suksessie van die plase? - Jan de Waal (jan_de_waal@yahoo.com)

Antwoord:

Ek het nie regtig raad nie aangesien julle reeds 'n goeie voertuig vir suksessie het. Jou pa moet net duidelik in sy testament aandui wat met sy belang van 75 % gedoen moet word as hy die dag te sterwe kom. Dan kan julle verder ook die moontlikheid ondersoek om die ledebelang na 'n "inter vivos" trust oor te dra, nou of testamentêr.

Daar was baie onlangs 'n amendement aan die Wet op Beslote Korporasies wat BK's nou in staat stel om trusts ook as lede te mag hê. Voorheen moes BK's slegs natuurlike persone as lede gehad het. Hierdie wysiging maak groot moontlikhede oop ten opsigte van suksessie. Daar is sekere voorwaardes aan verbonde soos dat die begunstigdes van die trust net natuurlike persone mag wees en dat daar nie meer as tien begunstigdes mag wees nie.

In julle geval kan julle slegs die ledebelange van die BK na 'n trust oordra sonder om die vaste bates oor te dra. Die eindresultaat gaan dieselfde wees maar die koste daarvan gaan aansienlik minder wees.

Oor jou laaste opmerking: moet nooit suksessie uitsluitlik vir belastingdoeleindes beplan nie. Kyk na die totale prentjie. Belastingwette verander te gereeld en te drasties en wat nou werk kan binne een jaar nie meer werk nie. Vra eerder af wat moet van die plase word en wat is die geskikste voertuig om dit te kry waar julle dit wil hê. Uiteraard sal belastingoorwegings deel van jou besluit wees.

  • Dr. Philip Theunissen se webwerf is www.computus.info.

    3 April 2006

  • 0
    Geen gradering nie
    Jou gradering: Geen
    • 2248 keer gelees
    Nuwe inskrywing

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • John Deere-winkel gewild op Nampo
    • Boer aangerand oor begrafnis

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Skape
    • Roof glo rede vir plaasaanvalle
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction