Tender

Vraag

As mens 'n algemene tender uitstuur vir jou grond, hoe bewoord 'n mens dit? M.a.w ek is die verkoper en wil tenders aanvra vir my plaas?

Antwoord

Deur: Dr. PHILIP THEUNISSEN

Oor die tender dink ek nie daar is 'n voorgeskrewe formaat nie. Ek sien maar net 'n advertensie in die koerant wat nie regtig op wetlike voorgeskrewe prosedures gebaseer is nie.

Ek sal maar net in elk geval die hele proses in koördinasie met 'n prokureur doen sodat daar nie agterna probleme van die tenderaar (koper) se kant ondervind kan word nie.

Geskryf deur dr. Philip Theunissen

28 Januarie 2010

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen