Goeie dag
Ek student aan die Universiteit van die Vrystaat en is besig met 'n navorsingsvoorstel om 'n nuwe tegniek van waardasie voortestel om 'n meer realistiese waardasie van grond te verkry. Soos u weet is alle waardasies op markwaarde bereken en is dus uiters hoog. Dit het baie ontevredenheid onder die kommersiële boere gebring, a.g.v die feit dat boerwaarde ver onder die waardasie bedrae is. Ek wil 'n nuwe tegniek voorstel wat die markwaarde benadering en die inkomste benaderings waardasie tegnieke kombineer. My vraag aan u is of u dalk vir my enige relevante inligting kan verskaf wat ek moontlik kan gebruik vir motivering vir die navorsing daarvan. Ek sal dit baie waardeer as u enige inligting of insette het op die onderwerp.
Byvoorbaat dank
Banie du Toit
Lees asb. die meegaande PDF-dokument (hieronder) oor die onderwerp.
12 Maart 2010