|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Talle mense wil graag begin boer. Maar waar en hoe begin ‘n mens? 'n Kundige gee raad.
Die skrywer is ‘n bekende landbou-ekonoom en hy bedryf ‘n burodiens vir boere op Bethlehem. Hy boer ook deeltyds.
Hier is van die antwoorde wat dr. Theunissen al oor dié veelbesproke onderwerp gegee het. Klik op die opskrif hieronder om die betrokke artikel te lees.
Eiendomsagent wil boer
Wil boer, maar waar begin mens?
Jong kêrel wil begin boer
Wil boer, soek geld
Ek wil graag ‘n plaas koop
Berekening van paaiement vir huurplaas
Kunstenaar wil graag boer
Waar kry ‘n boer finansiering?
Wil met beeste boer
Wil graag met beesboerdery begin
Hoe duur is plaashuur?
Ek wil graag boer: Hoe en waar begin ek?
Hoe gemaak om te kan begin boer?
Dr. Faffa Malan verskaf ook die volgende lys van besonderhede:
• Vind uit wat die plaaslike suksesvolle boere doen. Gaan besoek leierboere en leer uit hulle ondervinding.
• Sluit aan by die plaaslike boerevereniging en studiegroep en woon hulle vergaderings by. Deskundiges word gereeld genooi om aktuele onderwerpe te bespreek.
• Indien jy ‘n vleisboer is, sluit by die Rooivleis produsente organisasie (RPO) aan en woon hulle vergaderings by.
• Indien jy ‘n melkboer is, sluit by die Melkprodusente-organisasie (MPO) aan en woon hulle vergaderings by.
• Indien jy ‘n wolboer is, sluit by die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) aan en woon hulle vergaderings by.
• In sekere areas kan die Departement van Landbou en hulle voorligtingsdiens nog van groot waarde wees.
• Die Landbou navorsingsraad (LNR), kan jou ook van hulp wees om die regte besluite te neem. Hulle het ook verskeie publikasies uitgegee.Daar mag dalk navorsingseenhede in u omgewing wees wat u behulpsaam mag wees. Inligtingsdae word ook gehou.
• Die landboufakulteite van die universiteite en ander opleidingskolleges kan jou ook help om ‘n sinvolle besluit te neem.
• Daar is ook konsultante wat in sekere landbourigtings spesialiseer om boere en toekomstige boere van advies te bedien.
• Indien jy in ‘n sekere ras belangstel, kontak die spesifieke telersgenootskap en verkry meer inligting van hulle kantoor. ‘n Lys van telersgnootskappe is hieronder aangeheg. Dit is in PDF-formaat..
• Lees gereeld landboutydskrifte en maak vir jou relevante inligting bymekaar.
• Woon kursusse by. Gaan kyk in die geelbladsye van Landbouweekblad waar kursusse geadverteer word.
• Kontak gereeld die veeartseny farmaseutiese-, saad-, plantplaagbeheer-, voer- en kunsmismaatskappye asook koöperasies en makelaarsfirmas om maar net ‘n paar te noem wat gereeld inligtingsdae hou, wat van groot waarde vir jou kan wees.
6 Januarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24