Grond Guru

Vra 'n vraag Lees asb. hier voordat jy jou vraag opstel
  • Wildehawer in lusern

    Ek besproei 2 hektaar lusern onder sprinkelbesproeiing en weens die droogte het ek dit straf bewei in Jan/Feb. Dit is nou vol wildehawer. Kan dit weens die beweiding wees? Waarmee kan ek die wildehawer en ander onkruid chemies beheer in die lusern. U terugvoering sal waardeer word. Norman
    • Gesukkel met brak besproeiingswater

      Ek begin nou met sowat twee hektaar lusern in die Klein Karoo tussen Ladismith en Montagu in die Anysberge-omgewing, langs die Touwsrivier. My probleem is besproeiingswater is baie brak, grond (sanderig) is reeds ook brak. Ek het reeds nou twee keer misluk. Die boonste grondlagie word hard en ek vermoed die nuwe lusern sukkel om deur te breek. Ek besproei elke oggend ongeveer 2 ure lank. Soutbos egter floreer en ons moet gereeld uithaal. Het pas die plaas toegespan met…
      • Rioolwater vir besproeiing van weiding?

        Goeie dag. Ek wil graag weet of dit moontlik is om rioolwater vir besproeiing te gebruik vir weiding? Dit is ook nie 100% rioolwater nie. Hier is ses damme wat oorloop in elkeen in, die twee laaste damme (dam 7 en 8) wil ek water uit pomp vir besproeiing. Die water is blink en stink ook glad nie. Daar is ook geen rou riool afvalstukke in die water nie. Die boer langs my se perde drink die water en het…
        • Lusern, brak water en sanderige grond

          Begin nou met plus minus 2 hektaar lusern in die Klein Karoo tussen Ladismith en Montagu in die Anysberge omgewing, langs die Touwsrivier . Baie nuttige artikel….probleem: Besproeiingswater baie brak… grond (sanderig) reeds ook brak…..reeds nou twee keer misluk….boonste grondlagie word hard en ek vermoed die nuwe lusern sukkel om deur te breek….besproei elke oggend ongeveer 2 ure. Soutbos egter floreer en ons moet gereeld uithaal. Het pas die plaas toegespan met wildsheining en wil lusern plant vir aanvulling. Raad…
          • Gebruik van vorige sojaboon-oeste vir saad

            Ek hoor nou dat ʼn paar manne hier waar ek boer, sê hulle gebruik vorige jare se sojabone-oeste as saad. Hulle beweer dat hulle beter oeste afhaal. Hier is tot self een boer was al agt jaar sy sojasaad van sy land afkry. En almal sê hulle kry beter oeste en dat die sojabone jou grond gewoond raak. Die vraag is, is daar enige meriete in die praktyk? Sover ek weet bepaal jou oes of jy voldoende vog en voedingstowwe…
            • Albrecht-bemestingstelsel

              Beste dr Hoffman, Wat is U opinie oor die Albrecht bemestingstesel? Hierdie stelsel baseer grootliks hul aanbevelings op "base saturation" persentasies. Aanbevelings vir kalk is gewoonlik baie hoog. Grondontledings vir die albrecht stelsel kan net by n sekere laboratorium in V.S.A gedoen word, wat dit 3 maal duurder maak om grond te ontleed.Volgens my kennis is daar ook geen gepubliseerde literatuur wat die stelsel staaf nie. Ek hoor graag U opinie.
              • Groentetuin aan Weskus kom nie op dreef

                Ons woon ongeveer 1,2 km vanaf die see op Yzerfontein aan die Weskus . Ek en my buurman probeer ʼn groentetuin aan die gang kry, maar ai, met min sukses. Ek hoop u kan asb. lig werp op ons probleme. Volgens die metertjie wat ek by ʼn kwekery gekoop het, is die ph van die sandgrond 6.9. Kalksteen klip word oral uitgegrawe. Drie soorte tamaties wat geplant is, begin kleintyd blom, dra vruggies wat baie gou rooi word, maar het…
                • Boorgatwater begin sleg ruik

                  Goeie dag dr. Hoffman, Graag wil ek verneem hoe om water te beheer wat besoedel raak. Om die agtergrond te skets: Ons boerdery maak gebruik van boorgatwater om hokke ens. skoon te was en te hervul met die boorgatwater. Dié praktyk doen ons al vir baie jare sonder enige probleme maar die afgelope paar maande vind ons dat ons boorgatwater begin sleg ruik en smaak, dit is nou só erg dat ons dit nie meer in die huis kan drink…
                  • Winsgewendheid van graan onder besproeiing

                    Ek is tans besig om 'n berekening te doen of dit vir my winsgewind sal wees om mielies en of koring onder besproeing uit boorgate te doen. Hier is die inligting wat ek het: -Boorgate lewer 185m^3/h teen 50m kophoogte. Ek beplan om sonpanele te installeer (het kontant daarvoor) om vir 8 ure 'n dag die pompe te kan trek en dan 'n verdere 8 ure op Eskom krag te pomp. (Toetse wys die gate kan dit hanteer). Dus +-50kW…
                    • Lusern-aanplantings in Ceres

                      Ons wil graag lusern aanplant. Ons woon in die Clanwilliam omgewing waar die winters gewoonlik nat en koud is en ons ryp kry, maar ek het gelees dat Maart/April die beste tyd is om te plant. Ek is net bang die winter is te koud vir die lusern. Help asb!