Bemesting: Ontleed om te weet

Vraag:

Met vandag se hoë produksiekoste in die landbou kan geen foute gemaak word nie. Die dae is verby dat van ’n landboukundige verwag word om ’n volledige bemestingsprogram op te stel sonder die nodige inligting.

Antwoord:

Dis belangrik dat die boer of kunsmisverteenwoordiger aantekeninge maak van elke grondmonster wat geneem is. Die aantekeninge moet nie net inligting, soos die normale landnommers, gewas en besproeiing al dan nie, bevat nie, want selfs inligting wat geskat word, soos klipfraksie, verwagte klei-inhoud, grondkleur, teenwoordigheid van vrykalk en grondstruktuur, is waardevol om later in die bemestingsvoor­skrif te gebruik.

Standaardontledings
Die sogenoemde “standaard”-grondontledings behels hoof­saak­lik pH, fosfor (P) en katione. Die res van die “ontleding” is bloot berekenings. Uitruilbare suur word soms slegs bepaal as die pH (KCl) laer as 4,5 ontleed.

Indien gereken word dat die pH(KCl) by 6,2 neutraal is, dan is daar tog sure by ’n pH van 6,0 teenwoordig, want dis hoekom die pH laer is. Hoe laer die pH, hoe groter word die fout met die bepaling van die katioonuitruilvermoë (KAV) en so ook al die katioonverhoudings wat daarmee saamgaan.

Met ’n “standaard”-ontleding, is die vraag: Hoeveel kalk is werklik nodig en wat gaan gebeur as kalk, fosfaat of kalium aanbeveel moet word? As kalk toegedien word, kan die boer tekorte van allerlei elemente sien wat sy oes benadeel, en dan “werk kalk nie op my plaas nie”.

Gaan die fosfaat of kalium ’n elementtekort na vore bring of gaan sekere duur metale aanbeveel word, ongeag of dit ontleed is of nie? Talle boere het al gekla dat grondontledings onbetroubaar is. Daarom doen hulle net blaarontledings of hulle dien maar net kunsmis toe volgens onttrekking.

Volledige ontledings
Dit was nog altyd moontlik om ’n volledige ontleding by laboratoriums aan te vra, maar hierdie bykomende ontledings is duur en tydrowend. Daarby word dit nie as standaard aangebied nie, met die gevolg dat dit soms minder betroubaar is.

Benewens die ontleding self is die norme daarvoor nie altyd duidelik nie en die interpretasie ook moeiliker. Maar hoe meer ’n mens daarmee werk en dit in verband bring met waar­nemings in die veld, hoe duideliker raak die belangrikheid daarvan. Die swakste skakel in die ketting bepaal immers die sterkte daarvan.

Ontledings van organiese materiaal (of koolstof), swael (S), yster (Fe), mangaan (Mn), koper (Cu), sink (Zn) en boor (B) is die minimum wat eintlik nodig is vir ’n volledige kunsmisprogram. By sekere gewasse en in sekere gebiede is uitruilbare aluminium (Al), reserwe-P, chloor (Cl), molibdeen (Mo), silikon (Si) en stikstof (N, as nitraat en ammonium) ook waardevol, selfs nikkel (Ni) en kobalt (Co) kom deesdae in die prentjie.

Om te meet, is om te weet!
Met hierdie ontledings kan voorspel word wat sal gebeur as kalk, fosfaat en kalium toegedien word, en dit kan aandag kry. Daarby kan tekorte en toksisiteite uitgewys word wat die swakste skakel uitskakel. Eenmalige of gedeeltelike regstellings van tekorte kan ingebou word by die kunsmisprogram deur dit apart te gee of in te bou by die kunsmismengsel. Op kritieke tye kan spesifieke blaarvoedings help, nie net die algemene skoot-in-die-donker-benadering nie.

Die rol van organiese mate­riaal kan nie misgekyk word nie, aangesien alle elementopnames op die een of ander manier daardeur beïnvloed word.

Inteendeel, N, wat die misstof is waarvan die meeste in die land verkoop word, se toedieningshoeveelheid kan drasties verminder word mits daar genoeg organiese materiaal in die grond is. Net so kan te veel stikstof nadelig inwerk op die organiese materiaalinhoud van die grond en op baie ander fasette van plantvoeding.

Geskryf deur mnr. Peter Goede, ’n plantvoedingspesialis.

17 Oktober 2012

752 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights