Benut bloekoms se hout en blare

Vraag:

Hi, ons boer teen 'n voet van 'n berg. Die bloekoms oor die berg gebruik nie net omtrent al ons reënwater nie, maar beperk die groei van die fynbos. Ons saag die bome af en slaan sommer stompies in die winter, maar wat ek wil weet is, daar is 'n massiewe klomp blare en takke wat ek in skerwe wil versnipper (chip) vir kompos of net as deklaag op die bankie gebruik. Sal dit die ph van die grond beinvloed? En as ek die takke deur `n chipper sit, sal dit die sade stukkend slaan of sal ek dit moet uithaal uit die snippers, indien dit moontlik is?

Antwoord:

Die snippers van die afvalhout kan net so op die wingerdbankies gebruik word. As die boer dit as kompos wil gebruik, moet dit vir ten minste ’n jaar gelos word om te komposteer met die nodige byvoeg van kalk en kunsmis. Gebruik 1 kg landboukalk, 1 kg stikstof kunsmis en 500 g Superfosfaat per 1 kubieke meter kompos. Kunsmis moet goed met materiaalreste vermeng word. Die gekomposteerde mengsel kan dan in boorde op die bankie toegedien word. Sade in die plantreste behoort nie ’n probleem te wees nie. 

Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, hoof van die departement grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.

15 Oktober 2012

661 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights