Bewerking van vleie en kleigrond

Vraag:

Ons het ’n kleinhoewe van ongeveer 52 hektaar. Die grond is kleigrond en daar is baie vleie op die plek. Ek wil weet hoe kan ek die kleigrond meer vrugbaar vir groente en vrugte maak en ook of daar ’n grassoort beskikbaar is wat op vleigrond sal aard vir bees- en skaapvoer.

Antwoord:

Vleigronde (“wetlands”) is beskermende gebiede in Suid-Afrika en behoort volgens wet nie bewerk te word nie, aangesien bewerking die moontlikheid vir erosie baie vergroot. Die bewerking en saadbed-voorbereiding daarop is ook meestal moeilik en word deur die hoeveelheid grondvog beïnvloed. Die natuurlike plantegroei in vleilande is baie kompeterend en dit bemoeilik die vestiging van ingesaaide saad.

Voorbeelde daarvan is die teenwoordigheid van Taaipol (Eragrostis plana) in die vleie in die Vrystaat en Mpumulanga. Die hoeveelheid saad van hierdie gras in die grond is gewoonlik so hoog dat dit eers vir 2 tot 3 jaar bewerk moet word om die “saadbank” uit te wis, wat dan die moontlikheid van erosie verhoog. Dit sal werklik raadsaam wees om eers die plaaslike Voorligtingkundige te kontak voor enige bewerking gedoen word.

Die vrugbaarheid van sulke gronde is gewoonlik hoog, maar sal deur ‘n grondontleding bepaal moet word. Grasse wat wel in sulke klam (of versuip) toestande aangepas is, is die Paspalum spesies, waarvan P. notatum (Bahiagras) op die mark is. Indien bespoeiing in die winter (vir koeler somer reënvaldele) beskikbaar is, sal Langswenkgras (Festuca arundinacea) ook goed doen. Nylgras (Acrocerus macrum) groei ook in klam gebiede, maar saad is nie beskikbaar nie en dit moet met steggies geplant word.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingkundige (chriswei@vodamail.co.za)

13 Oktober 2012

616 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights