Onkruid

Vra 'n vraag
  • Bloudissel tussen meerjarige weiding

    Ons het April vanjaar 'n meerjarige weiding mengsel aangeplant wat bestaan uit meerjarige Raaigras, Rooi en Wit klawers, Lankswengras en Kropaargras. Hierdie weiding is egter oorgeneem deur wat ons noem Bloudissels of Argemone ochroleuca (Mexican Poppy). Die land was baie goed deurgewerk voor aanplanting en min dissels het voorheen daar gestaan, die land is egter nou helemal oorgeneem. Om die bloudissels fisies te gaan verwyder is nie 'n opsie nie omdat daar net te veel is. Is daar 'n gifstof…
    • Beheer van kweekgras is groot uitdaging

      Kweekgras skaad weiding- en gewasplante deur kompetisie en die afskeiding van plant-skadelike chemikalieë. 'n Onkruidkenner verduidelik.
      • Probleme met onkruid op wildsplaas

        Ons het onlangs 'n klein wildsplaas gekoop en wil graag die weiding begin verbeter. Tans is ons besig om op grootskaal onkruid soos oliebolle, lantana, ens. uit te roei, maar dit neem baie tyd en mannekrag. Enige raad? Ook wil ons die weiding van soetgrasse verbeter. Ons is in die Maanhaarrand/Magliesburg-omgewing. Help asseblief . U raad sal baie waardeer word.
        • Gousiekte plantvergiftiging by herkouers: Verskeie inheemse plantsoorte span saam!

          “Ek het ‘n plant op my eiendom geïdentifiseer wat skielike vrekte onder Damara skape en boerbokke, wat ek nuut aangekoop het, veroorsaak het. Aanvanklik is bloednier as oorsaak gediagnoseer, maar ‘n ander opinie het gousiekte as oorsaak aangedui. Ek kry die plant nie dood met ‘n glifosaat-bevattende onkruiddoderproduk nie”.
          • Onkruid in my spinasieland

            Ek wil weet ek het om en by n hektaar spinasie - Eks sukkel vreeslik met gras en andre onkruid tussen die plante - Is daar iets op die mark wat ek kan spuit wat sal help met die problem - Maar nie die spinasie sal beinvloed nie
            • Beheer van satansbos

              Ek woon op 'n kleinhoewe net buite Bloemfontein. Die satansbos begin al hoe meer raak. Ek behandel dit met Roundup, maar dit lyk nie of die plante werklik vrek nie. Het gesien hulle praat van 'n kewer wat die plant se blare en bas vreet. Waar kan ek dit bekom? Is daar ander maniere om die probleemplant uit te wis?
              • Beheer van oliebome in lusern

                Is daar middels wat geregistreer is vir die beheer van oliebome in lusern?
                • Lantana is indringerplant van formaat!

                  Ons het onlangs 'n plaas gekoop in die Limpopo-provinsie op die Springbokvlakte. Daar is redelik baie Lantana wat uitgeroei moet word. Die Lantana kom veral voor teen en onder bome wat ons nie wil beskadig nie. Indien die Lantana uitgehaal word en daar bly wortels oor in die grond, sal die plant weer begin groei? En dan sal ek graag verneem watter chemiese middels kan gebruik word vir die Lantana wat nie ander bome ook sal doodmaak nie.
                  • Oplossings vir vaalbos en sekelbos

                    Ons boer tans op Groblersdal met wild en het ‘n groot probleem met Vaalbos en in mindere mate sekelbos. Ons gebruik twee tegnieke om die vaalbos te verwyder. Die eerste tegniek is om met ‘n TLB die bome om te stoot en dan die bome op ‘n hoop te stoot. Die tegniek is die vinnigste en goedkoopste maar het ‘n groot impak op die veld onder. Die tweede tegniek is om die bome deur werkers af te laat saag en…
                    • Wildedissel bedreig weiveld in Oos-Kaap

                      Ongeveer 60% van ons grond in die Oos-Kaap het "Valley Bushveld"-veldtipe. Die oorblywende 40% is oorwegend grasveld. Die bossie kom meestal in die grasveld voor, met hier en daar 'n paar tussen die bosse waar die gras na die "Valley Bushveld"-bosse oorgaan. Daar was voorheen met boerbokke op die plaas geboer en die bossie het heeltemal oorgeneem daar waar die meeste beweiding plaasgevind het. Dit het egter nou ook verder versprei en is besig om basies die hele grasveld oor…