Onkruid

Bloudissel tussen meerjarige weiding

Vraag

Ons het April vanjaar 'n meerjarige weiding mengsel aangeplant wat bestaan uit meerjarige Raaigras, Rooi en Wit klawers, Lankswengras en Kropaargras. Hierdie weiding is egter oorgeneem deur wat ons noem Bloudissels of Argemone ochroleuca (Mexican Poppy). Die land was baie goed deurgewerk voor aanplanting en min dissels het voorheen daar gestaan, die land is egter nou helemal oorgeneem. Om die bloudissels fisies te gaan verwyder is nie 'n opsie nie omdat daar net te veel is. Is daar 'n gifstof wat aangewend kan word om die dissels te dood wat nie die weiding gaan benadeel nie?

Antwoord

Die teenwoordigheid van gras- en breëblaargewasse op een land op ‘n bepaalde tydstip maak selektiewe beheer van bloudissel ‘n saak van onmoontlikheid sover dit veilige gebruik (=gewasveiligheid) van onkruiddoders betref. Alle onkruiddoders wat bloudissel in daardie situasie kan beheer, gaan die klawers ook beskadig. Bloudisselsaad kan vir baie jare in grond oorleef, dus gaan hierdie probleem nog lank voortduur. Selektiewe beheer van bloudissel in ‘n suiwer grasgewas is moontlik en selektiewe onkruiddoders is beskikbaar, wat nie grasse beskadig nie, maar wel breëblaaronkruide, soos bloudissel.

* Dr. Charlie Reinhardt is dekaan van die Villa Academy, en buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, asook buitengewone professor in die Departement Agronomie, Stellenbosch Universiteit; epos: dr.charlie.reinhardt@gmail.com

Villa-Academy-Logo.jpg-300 


Kommentaar

Kommentaar (2) “Bloudissel tussen meerjarige weiding

  1. B Rens
    B Rens

    Gebruik Banweed n effektoproduk

  2. Frik Potgieter
    Frik Potgieter

    Banweed is ‘n mengsel van MCPA en 2,4-D. Breëblaarweidings is uiters gevoelig vir beide van hierdie aktiewes .


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.