Eksekuteurskoste in boedel met een huis

Vraag:

My oupa is dood, hy het geen geld of ander besittings nagelaat behalwe 'n 5-vertrek huis met 'n agterkamer. My oupa het die boedel bemaak aan my pa (op swart en wit). Ek wil net weet, moet dit dan deur 'n hele proses gaan voor my pa die die huis op sy naam kan kry, want in die boedel is daar ook 'n eksekuteur, en hoeveel sal die koste min of meer wees?

Antwoord:

Indien die huis die enigste bate in die boedel van u oorlede oupa was, sal die huidige markwaarde van die eiendom bepaal of die boedel beredder moet word ingevolge die normale prosedure neergelê in die Boedelwet, of andersins sal bepaal kan word of dit beredder sal word in terme van Art 18(3) van dieselfde wet.

Indien die waarde van die eiendom meer as R125 000 beloop, is die  normale boedelberedderingsproses van toepassing. Dit behels die nodige kennisgewings aan skuldeisers en advertensies daarvan, asook die boedelrekening, en uiteindelike oordrag van die eiendom op die naam van die erfgenaam. Die hele proses word behartig deur die eksekuteur in die testament aangestel, en sy eksekuteurskommissie bedra 3,5% van die totale waarde van die bates in die boedel. (In hierdie geval die waarde van die huis).

Indien die waarde van die bates in die boedel, naamlik die woonhuis, minder as R125 000 bedra, word die boedel beredder ingevolge die vereenvoudigde en veel spoediger proses  in terme van  Art 18 (3) van die Wet. Die eksekuteurskommissie bly egter dieselfde.

Jou vader sal egter moet wag vir die hele proses om voltooi te word alvorens hy die huis op sy naam sal kan transporteer.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur, Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za

31 Julie 2012

1295 keer gelees | 11 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


merkwaardig

2012/07/22 10:17:04 PM

Sover ek weet is die 3.5% die maksimum toegelaat. Jy kan met die berederraad onderhandel om minder te betaal. Vir 'n eenvousige boedel soos beskryf dink ek 1.5% is realisties.


John Barnard

2012/08/01 04:20:54 AM

Ek wil graag vir almal aanraai om julle testamente te laat herskryf met 'n klosule in dat die erfgename 'n eksekuteur kan aanstel met die opsie om te onderhandel oor die fooie. Ons moes 'n bank R50,000 betaal vir my pa se boedel en al bate was my ouers se huis. Ons moes die geld op my ma se ou-dag gaan leen want die bank het gedreig om haar huis te verkoop as sy dit nie betaal nie. Bly weg van die banke as eksekutuers.


butch

2012/08/03 02:47:38 PM

Merkwaardig is heeltemal reg . Eksekuteurs aangestel in die testament is nie altyd bereid om te onderhandel nie.


mkruger

2012/08/10 08:16:53 AM

Kan ek bv my Pa aanstel as eksekuteur ? Anders gestel: Kan ek my vrou aanstel en sy my afhangend van wie eerste wegval ? Ek was onder die indruk dit moet 'n bank of iemand met regskwalifikasies of rekenmeester/ouditeur wees ?


Petro

2013/02/27 03:56:02 PM

My ouers is binne gemeenskap getroud. Hoekom moet daar op die gesamentlik boedel en nie net my ma se helfte eksekuteurs fooi betaal nie. My pa lewe mos nog? As hy tot sterwe sou kom gaan ons WEER eksekuteursfooi betaal?


M Smit

2013/04/16 09:55:30 PM

Ek het n jaar gewag terwyl n prok die oordrag van die huis wat ek van my man geêrf het besig was om te doen. die praktyk het gesluit, maar die meeste werk was afgehandel. toe sukkel ek 16 maande met n tweede prok net om alles by die akte kantoor in te handig. Die waarde van die eiendom is 730.000.00 Dit is net die huis in die boedel, die koste van die oordrag beloop nou R11.000.00 Is dit realisties? Die prok se fooi is R10.500.00 Baie dankie


Mev MP Smit

2013/04/16 09:58:29 PM

Wat is die rede dat dit verwerp is?


butch

2013/04/17 02:24:05 PM

Maarten - jy stel 'n eksekuteur van jou KEUSE aan -jou lanslewende gade, jou pa , wie ook al wat jy vertrou - wanneer jy te sterwe kom , kan jou eksekuteur self die testament en boedel na 'n kundige neem en daar oor eksekuteurskommissie onderhandel - dit sal beter wees as die afhandelingsproses deur 'n kundige gedoen word , want dis baie tegnies


butch

2013/04/17 02:27:48 PM

Petro as jou ouers in gemeenskap van goed getroud was , is daat net EEN boedel en dis hoekom die eksekuteurskommissie ingevolge die boedelwet op die totale bates toegelaat word


butch

2013/04/17 02:29:45 PM

M Smit - die koste en fooie wat jy hierbo noem, klink nie onrealisties of buitensporig nie


Gerhard

2013/05/09 10:06:31 AM

Ek wil graag weet ek is alleen en geskei met 2 seuns wat oor 21 jaar is.Ek wil my huis en meubels laat verkoop as ek tot sterwe kom en die geld laat verdeel tussen die 2 van hulle om onmin te vermy,is dit n goeie idee.Wil die een seun aanstel as eksekuteur oor die boedel is dit n goeie idee.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights