Mynregte en waterlisensie

Vraag:

Goeie more, Daar word tans op n gedeelte van my grond gemyn. Daar is jare terug (1950 - laat 1980's) daar gemyn, toe opgehou en toe weer so 5 jaar terug begin. Ek was baie nou betrokke met onderhandelings aangaande die "weer begin" van die myn en het aangedring op beter kompensasie (nog steeds baie sleg, maar beter as in die verlede) en hoe gerehabiliteer gaan word ens. My doel was NOOIT om die myn te stop of selfs te vertraag nie, maar ek wou seker maak van ordentlike rehabilitasie. Die watergebruik pla my egter op die oomblik. Daar is nie baie water in die omgewing en ek wil nie he hul moet dit mors of besoedel nie. Ek het hul vandag gevra waarvoor hul n spesifieke boorgat gebruik en of hul die nodige water "lisensies" het. Die antwoord was as volg: "We have submitted the water use license some time ago but the mechanics of the water affairs department are quite slow. From experience we shouldn't expect any reply for at least 12 to 18 months." Dit pla my want hul myn en gebruik die water alreeds vir seker 2 jaar al. Ek het aan hulle die voorbeeld gegee dat dit is soos om n wapen te koop en te gebruik, alvorens jy n lisensie het. Wat is u mening hieroor asb. Groete, Andre.

Antwoord:

Die Nasionale Waterwet 36 van 1998 verleen aan die Departement Waterwese die reg om inligting in te win wat benodig word ten einde die optimal gebruik van waterbronne te verseker. Die registrasie van waterverbruik is een van hierdie meganismes.

Alle waterverbruikers wat deur die wet voorgeskryf word, het ‘n verpligting ingevolge die wet hul waterverbruik te registreer by die Departement van Waterwese.

Die volgende gebruikers, wat nie hul hul water vanaf ‘n diensverskaffer soos plaaslike owerheid, besproeiingsraad, staatswaterskema en waterraad ontvang nie en ander grootmaatverskaffer ontvang nie, moet registreer:

Besproeiing

Myndoeleindes

Voerkrale

Afleivore uit riviere en strome

Opgaar van water – damme, ensovoorts.

Registrasie het betrekking op alle bestaande gebruik ingevolge bogenoemde.

Versuim om aldus te registreer, stel die gebruiker bloot aan strafregtelike vervolging. Die onwettige gebruik ooreenkomstig bogenoemde, kan lei daartoe dat die gebruiker sy reg tot die gebruik van die water verloor.

Tensy die die mynmaatskappy dus aan u kan toon dat hulle aansoek gedoen het vor registrasie, mag hulle nie die water gebruik nie en kan u dit met die Departement van Waterwese in u area opneem.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur, Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za  

 

4 Julie 2012

718 keer gelees | 2 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Jan

2012/07/13 04:36:33 PM

Laaste paragraaf - beteken dit dat as 'n aansoek ingedien is die applikant na willekeur water kan gebruik of mis ek iets?


Francois van der Merwe

2012/10/30 03:50:49 PM

Daar is heelwat misverstande oor die rol wat registrasie van watergebruike in waterregte speel. Om 'n watergebruik te registreer, is bloot die watergebruiker wat die Departement van Waterwese in kennis stel van hoeveel water hy/sy per jaar gebruik. Dit is al. Die feit dat 'n registrasiesertifikaat uitgereik is, beteken nie dat die gebruik wettig is nie. Om dus 'n regstrasiesertifikaat aan te bied as bewys van 'n waterreg kan tot ernstige foute lei. Die vraag of 'n spesifieke geregistreerde gebruik kwalifiseer as 'n bestaande wettige gebruik, kan slegs vasgestel word deur verifikasie kragtens artikel 35 van die Nasionale Waterwet. Nadat verifikasie aldus gedoen is, word 'n verfikasiesertifikaat uitgereik, en slegs daardie dokument lewer bewys van 'n bestaande wettige gebruik. Die registrasie moet dan reggestel word indien dit foutief was. Die versuim om 'n watergebruik wat uitgeoefen word te registreer, is wel 'n strafregtelike oortreding van die regulasies wat vereis dat 'n watergebruik geregistreer word, maar dit speel geen rol by die bepaling van bestaande wettige gebruik nie. Dit kan egter wel daartoe lei dat die gebruiker sy reg tot verdere gebruik van die water kan verloor. Jan se kommentaar hierbo: Om aansoek te doen vir 'n lisensie gee geen reg om die water te begin gebruik nie. Die watergebruik mag eers uitgeoefen word nadat die lisensie uitgereik is.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights