Probleme met tranportaktes

Vraag:

Ek het ‘n stukkie grond gekoop met twee transportaktes, in die middel van my grond is nog ’n stuk wat aan iemand anders behoort, m.a.w. dit verdeel myne in twee. Ek het die eienaars in die hande gekry en ons het ooreen gekom op ’n prys. Die problem is nou dat die grond op die persoon se ma se naam is en sy is oorlede, die grond was nooit in die boedel gewees nie en die boedel is afgehandel. Ek het met ’n prokureur gepraat op die dorp en hy het my verduidelik dat dit baie moeilik gaan wees om die grond te koop. Ek het ’n “gentleman’s agreement” met die “eienaars” om die grond te gebruik maar ek wil dit graag koop. Ek werk in Angola en dit is moeilik vir my om iemand te kry om dit uit te sorteer alhoewel dit my pas om die grond sonder koste te gebruik, moet ek dit op my naam kry aangesien ek al ’n paar rand spandeer het aan heinings en water. Ek vertrou egter die familie (“eienaars”) maar hulle weet ook nie hoe om die problem op te los nie. My vraag is: 1. Kan jy help met so iets? 2. Indien so, wat het jy van ons kant af nodig? 3. Hoe lank vat so iets? 4. Wat sal die koste wees? Ek is in die proses om die mense solank “huur” te betaal in die tussen tyd omdat die seun van die oorledene (wetige eienaar) ’n pensionaris is.

Antwoord:

Indien die eiendom nog op die oorlede moeder se naam in die Aktekantoor geregistreer is, behoort dit as ’n bate in haar boedel gehanteer gewees het. Indien dit nie die geval was nie, sal die destydse eksekuteur daarmee ingevolge sy magte moet handel en sal die eiendom en ‘n moontlike daaropvolgende kooptransaksie met hom opgeneem moet word. Die familielede met wie jy tans kontak het, kan jou prokureur van die inligting oor die boedel/ eksekuteur voorsien ten einde onderhandelings of ‘n kooptransaksie vir jou aan die gang te kry. ‘n Prokureur wat in eiendomsreg spesialiseer, kan jou vir seker hiermee help deur slegs die kontakbesonderhede van persone met wie jy in kontak was te bekom en die nodige ondersoeke en onderhandelings daarvandaan verder te voer. So ‘n proses kan etlike maande duur, aangesien dit moontlik is dat verdere stappe eers deur die eksekuteur gevolg sal moet ingevolge die bepalings van die Boedelwet word, soos byvoorbeeld om die likwidasie en distribusierekening weer te adverteer, en daarna die moontlike oordrag van die grond. ’n Aanduiding van wat die koste sal behels, sal ‘n prokureur jou kan gee nadat hy ‘n voorlopige ondersoek gedoen het.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur, Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za  

25 Junie 2012

916 keer gelees | 3 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Doc Nel

2012/06/13 04:33:19 PM

Skakel gerus Doc De Kock, hy het my gehelp met oordragte ens, ken sy storie! Onder is sy besonderhede. Doc Nel DOC DE KOCK Conveyancing Department Tel: 041 502 7292 Fax: 086 636 4784 E-mail: doc@pagdens.co.za


Butch van Blerk

2012/06/19 06:00:06 PM

Ekself en ou Dok (soos ons hom genoem het) was klasmaats op Stellenbosch al 5 jaar van ons studies- groetnis ou Dok


elsabe du plooy

2012/12/10 05:39:58 PM

het in 2007 my skoonpa se eiendom gekoop maar hier was baie deurmekaar dinge wat hier gebeur het eerstens weet ek nie hoe die lening kon deur gaan nie want my skoonpa was blind en het prostaatkanker gehad en het gevorderde alzheimer's gehad hy kon nie sien om te teken nie en my skoonma het lewensreg gekry ons was nie kredit waardig nie maar die prokureur het my op gesit dat ek 'n salaris verdien wat nie so was nie die koop is afgejaag want hulle het gese dat as die koop nie vinnig voor die kreditwet in werking tree deur kon gaan nie sal ons nie goed gekeur word nie ons sukkel al van 2007 af om die kooppapiere te kry en die verkoper se verkoop papiere nou eers na die bank geslaggele het op die eiendom nou se hulle dat die koopooreenkoms gebrand het by die aktekantoor kry ons geen volmag van die verkoper nie en ook nie 'n magtiging van 'n oordrag prokureur nie die verkoop dokument wat geteken moes wees is ook nie tevinde nie geen magtiging en ook nie beedige verklaaring deur koper en verkoper met id's volle name adres huwelikstatus en solvensie nie toe ons weer hoor het die bank sommer die huis teruggekoop en dit was kanna in 2010 aug. en nou het hulle die eiendom aan iemand verkoop in 2012 sept. die man kom vloek en skree op my dat ek uit moet trek en dreig nou om krag af te sit ek het aan die bank 'n e-mail gestuur en gese ek soek eers die oorspronklike dokumente ,maar hul se dat hul my niks kan gee nie aangesien die papiere gebrand het wat is ons regte mag hul ons uitgooi met interdik of wat moet ons maak my skoonma is al 80jr oud en se sy gaan nerens want sy het lewensreg asseblief die geld is min en het nie genoeg geld om 'n prokueur te kan bekostig nie en legel aid se hulle het te veel sake en sal nie kan help nie waar is die menseregte dan

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights