Aktekantoor se inligting oop vir publiek

Vraag:

Ons is ‘n maatskappy wat ons wil spesialiseer in die bemarking van agri-eiendom. Mag ek self na die aktekantoor gaan on die nodige inligting te kry, of mag dit slegs die eienaar self wees? Die eienaar is 65 jaar oud, met geen seuns wat wil kom boer en hy is maar vaag oor die geskiedenis van die plaas. Die eiendom het geboue wat meer as 150 jaar oud kan wees, en ons voel ons kan die historiese waarde van die eiendom as ‘n fokuspunt vir ons bemarking in die media gebruik. Ons wil graag ons bemarking staaf met gesonde feite.

Antwoord:

Die rekords van die Aktekantoor is openbare inligting waartoe die publiek toegang verleen word teen betaling van klein fooi betaalbaar aan die Aktekantoor. Jy kan ál die inligting wat jy benodig aangaande die eiendom daar bekom. Dit hoef nie slegs die eienaar te wees nie. Stel eers vas in watter Aktekantoor se gebied die eiendom geleë is, voordat jy die tog aanpak. As jy die korrekte beskrywing van die eiendom bekom, kan jy eers die Aktekantoor skakel om bevestiging te verkry dat die eiendom wel by hulle geregistreer is So ‘n nasoek kan jou ‘n paar dae besig hou.

* Geskryf deur Butch van Blerk, van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za

22 Mei 2012

22 Mei 2012

2242 keer gelees | 8 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Magda

2012/11/08 07:00:05 AM

Ek wil graag weet of iemand kan aansoek doen vir my huis se aktes. Die persoon het al die besonderhede omdat hy kwansuis die huis wil koop. Die oorspronklike dokumente is aan my gestuur toe die huis klaar betaal is en dit is in my besit.


Monray patterson

2012/12/11 03:54:44 PM

Hiermee wil ek net navrae doen.Ek Sebiena Botha wil graag weet wie is die eienaar van huis Adress 15 de laan 2002 Bridgeton laat weet my so gou as moontlik Byvoort Dankie S.Botha


corlivdm

2012/12/11 04:36:13 PM

Sebien, jy sal die aktekantoor direk moet kontak vir hierdie inligting. Groete, LBW.


cornel rothmann

2013/01/14 05:15:05 PM

Goeie middag ons woon op n klein plasie- groter as n plot en het n servitiet pad wat nou die eerste keer in35 jaar gebruik gaan word. Wat is ons regte wat sekuriteit aanbetref? Ons werkswinkel is oop en bloot aangesien ons pallisades opgesit het wat als toe en veilig hou. Die pad loop langs ons werkswinkel verby. Verneem graag van u en wil weet waar kan ek meer daaroor lees. Baie dankie Cornel


Daleen.Becker

2013/02/20 01:42:19 PM

Hi goeie dag,ek wil asb meer uit vind oor ons woning - my man het die woning laat bou en grong gekoop waarop die huis gebou is - hy was bankrot verklaar met sy eerste egskeiding - en alles op n familie lid se naam gedoen -ons wil graag huis oorplaas op ons naam - het famile geskakel vir die akte van die huis - maar beweer hulle het nie n akte nie -so hoe en waar vind ons uit wan dit - die huis is in mapumalanga Hazyview gelee - fimilie woon in pretoria,kan ons self akte aanvra ,of moet ons by hulle toestemming kry.baie dankie


ruby-ann

2013/02/28 04:22:38 PM

ek soek 'n aktenasoek op 74 Paperstraat, heidedal, bloemfontein. Die erfnommer is 911 of 191, ek is nie seker nie.


Philippina Schenck

2013/04/10 07:22:46 PM

Ek wil weet hoe kan fabriek op perseel in semie industriele area in my naam geregistreer word sonder dat elektrien dit geinsekteer het. Baie dankie


Xanadu

2013/04/23 03:58:44 PM

Goeie middag ek wil graag weet ons bly tans in my ouma se huis, dis 9 Hennie Straat, Heidedal, Bloemfontein. Wat ek wil weet aan wie behoort die erf want hier is 'n klein kind wat beweer dis haar huis

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights