Besering aan diens weens werker se nalatigheid.

Vraag:

Werker se voet is weens eie nalatigheis beseer. Sy is vir 1 uur gehospitaliseer. Ons betaal tans haar salaris tot sy weer kan werk volgens siekebrief. Sy dring nou aan om by die Compensation Commissioner fonds te eis vir besering aan diens. Wat is my regte en haar regte? As die fonds betaal moet ek dan ook nog haar salaris betaal?

Antwoord:

Die vergoedingsfonds dek werkers (tydelik of permanent) wat in 'n ongeluk beseer is, terwyl hulle met hul werk besig was, ‘n siekte deur hul werk opgedoen het of weens 'n werkplekongeluk of beroepsiekte gesterf het.

Eise moet korrek en betyds ingedien word. Eise sal nie betaal word nie, as:
* Die eis meer as 12 maande ná die ongeluk of dood, of ná diagnose van die siekte ingedien word;
* Die werker 3 dae of minder van die werk afwesig was;
* Die ongeluk weens ‘n werker eie versuim of nalatigheid gebeur het (tensy die werker ernstig gestremd raak of in die ongeluk sterf - dan sal die Fonds steeds vergoeding betaal), of
die werker mediese behandeling onredelik weier.

Werkgewers betaal een maal per maand aan die Fonds oor. Werkers maak geen bydraes aan die Fonds nie. Werkgewers mag geen bydraes van werkers se salarisse as bydraes tot die Fonds aftrek nie.

Die Fonds dek beroepsiektes en werkplekbeserings. Beroepsiekte is siektes wat veroorsaak word deur stowwe of toestande waaraan die werker in die werkplek blootgestel is. Die werker kan vergoeding eis as hy aan dié werksomstandighede blootgestel is en dan die so ‘'n siekte opdoen. Die Fonds dek ook beserings wat as gevolg van werk of by die werkplek opgedoen is.

Die vorme van vergoeding wat ge-eis kan word, is vir tydelike ongeskiktheid , permanente ongeskiktheid, dood, mediese uitgawes wnbykomende vergoeding.

Die Vergoedingsfonds betaal nie vir pyn en lyding nie, maar slegs vir verlies aan beweging of gebruik van liggaamsdele.

Die bedrag van vergoeding wat aan die werker betaal sal word, hang af van hoeveel die werker verdien het toe die besering opgedoen of die siekte gediagnoseer is. As die werker reeds ophou werk het wanneer die siekte gediagnoseer word, sal die vergoeding bepaal word na gelang van wat die werker sou verdien het.

Tydelike ongeskiktheid is wanneer die werker weens 'n besering of siekte nie kan werk nie, of nie al sy werk kan doen nie, maar sal herstel. Om hiervoor te eis, moet 'n dokter ‘n werker langer as drie dae van die werk laat wegbly. As die werker langer as drie dae van die werk moet wegbly, word die werker uitbetaal vir die hele tyd dat die werker nie kan werk nie (ook die eerste drie dae).
As die werker glad nie kan werk nie, word hy 75% (3/4) van ‘n werker normale maandelikse of weeklikse loon betaal.As die werker net 'n deel van sy werk kan doen, moet ‘n werkgewer ‘n werker steeds 'n deel van sy loon betaal. Die Fonds sal ‘n werker 75% (3/4) uitbetaal van die verskil tussen wat die werker betaal is, en wat die werker voor die besering betaal sou gewees het.

‘n Werker kan 12 maande lank vergoeding vir tydelike ongeskiktheid eis. Dit kan na 24 maande verleng word. Na 24 maande kan die Kommissaris besluit dat die toestand permanent is, en vergoeding op die grondslag van permanente ongeskiktheid toestaan.
Al die werker se mediese uitgawes sal betaal word tot twee jaar ná die datum van die ongeluk of diagnose van die siekte. Alle mediese rekenings moet by die Kommissaris ingedien te word. Dit sluit die vervoerkoste van 'n beseerde werknemer na 'n hospitaal of huis in.
Bo en behalwe die algemene vergoeding kan die werker ekstra vergoeding kry as die besering of siekte deur die werkgewer se versuim of 'n fout in 'n masjien veroorsaak is. Enige werker jonger as 26 sal bykomende vergoeding kry.

Die werkgewer moet die ongeluk binne 7 dae by die Vergoedings-kommissaris aanmeld en moet nagaan of al die besonderhede op die vorm korrek is. Die werker betaal nie die dokter se rekening nie. As die werker egter 'n tweede mening wil hê, moet die werker daarvoor betaal. Wanneer die werker weer werk toe gaan, moet die werkgewer 'n hervattingsverslag na die Kommissaris stuur waarin verklaar word wanneer die werker weer begin werk het, en hoeveel vergoeding aan die werker betaal is.Die werker en werkgewer moet kopieë van al die vorms hou.

Alle vorms ten opsigte van 'n eis , kan gestuur word na:
Die Vergoedingskommissaris, Posbus 955, Pretoria, 0001.

Die Vergoedingskommissaris is aangestel om die Fonds te administreer, en oorweeg werkers se eise. Die werker kry betalings vanaf die Fonds, en nie van die werkgewer nie. Die werkgewer moet die beseerde werker betaal vir die eerste 3 maande nadat die besering opgedoen is. Die Vergoedingsfonds sal die werkgewer terugbetaal.As die werker langer as 3 maande nie kan werk nie, neem die Vergoedingskommissaris die maandelikse betalings oor.
As die werkgewer versekering teen werkplekbeserings het, sal die versekeringsmaatskappy die vergoeding betaal. In sulke gevalle moet eise steeds by die Vergoedingskommissaris ingedien word.
Die inhoud hiervan is gebaseer op inligting soos verskaf deur die Departement van Arbeid.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur, Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za  

30 April 2012

23 April 2012

2013 keer gelees | 1 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


lize

2013/03/04 05:32:32 PM

Ek het 3 weke terug my enkel by werkplek gebreek werkgewer het my 5 ure lank laat werk met my gebreekteenkel en laat motor betsuur eks na my huisdokter waarna ek vir plate verwys is volgende dag hulle het besluit daar moet opereer word oor dit redelik erg is eks na staatshospitaal en is geopereer nou wil my werkgewer my nie betaal nie dis reeds die 4de van die maand en syt nog nie betaal nie syt ook herken sys nie geregistreer nie en kani nogige vorms aan my stuur nie ekt dit by dokter en hospitaal as besering aan diens aangegee nou wil sy net 75 persent van my salaris betaal is dit wettig wat staan my te doen ek werk tans n jaar en 4 maande daar as hoofchef en het nognooit siekverlof gsiekverlof geneem nie wat staan my te doen asb eks raadop

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights