Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?

Vraag:

Gedurende laat 2010 het ’n brand op my grond ontstaan a.g.v.vonke wat veroorsaak is deurdat die pantograaf van die elektriese trekeenheid onder die oorhoofse draad uitbeweeg het, vermoedelik in sterk wind, en toe die oorhoofse kabel gebreek met die gepaardgaande vonke en vlamme. My hele plaas, plus al my oesreste en hanteringskrale asook kreosoot-houtpale is uitgebrand. Ek het was nie lid van die brandvereniging nie, maar al die nodige brandpaaie was in plek maar was nie doeltreffend nie weens die sterk wind.

Antwoord:

Die aangeleentheid van brande wat veroorsaak word deur Transnet, word gedek deur die Wet op Regsopvolging van die SA Vervoerdienste 9 van 1989, bylae 1.

Indien u (die eiser) Transnet binne 3 (drie) nae ná die brandskade daarvan in kennis stel, is Transnet skuldloos vir u skade aanspreeklik en hoef u geen nalatigheid aan die kant van Transnet te bewys nie. Indien u Transnet by wyse van hierdie 3 dae kennnisgewing skuldloos aanspreeklik wil hou, maar u het geen voorbrand op u eie grond gehad nie, kan u slegs 50 % van die bedrag vir skade wat u gelei het van Transnet eis.

Indien u Transnet NIE binne hierdie periode van 3 dae kennis gee nie, word u egter NIE van u eis ontneem nie, maar dan kan u Transnet nie meer skuldloos aanspreeklik hou nie. U kan dan steeds op die normale wyse u aksie teen Transnet vir skadevergoeding voer, maar u moet dan BEWYS dat Transnet nalatig was. U kan in so ‘n geval steeds u volle gemeenregtelike skade eis as u verder kan bewys dat Transnet UITSLUITLIK nalatig was, en u nie self bydraend nalatig deur ‘n Hof bevind word nie.

In laasgenoemde geval sal die Hof die skade verdeel volgens die mate van elke party se bydraende nalatigheid. Dit is in ooreenstemming met die algemene gemeenregtelike aksie deur ‘n eiser vir skade deur Transnet se werknemer veroorsaak en wat nie onder bogenoemde skedule 1 gedek word nie. So ‘n eis is dan aan die normale bepalings van die Verjaringswet onderhewig wat beteken dat dit binne 3 jaar ingestel moet word.

* Geskryf deur Butch van Blerk, van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za

11 Mei 2012
 

11 Mei 2012

1607 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights