Regskenner

Eksekuteur moet instaan vir dié skuld

Vraag

Wanneer my ma te sterwe kom is daar is niks bates nie, al skuld wat daar gaan wees is ʼn agterstallige ouetehuis losiesrekening. As ek as dogter en eksekuteur ʼn skuldooreenkoms teken wat hul teen die boedel wil instel, kan hulle die geld van my as dogter eis?

Antwoord

Indien u as eksekutrise namens die boedel ‘n skuldooreenkoms met die ouetehuis teken, beteken dit in wese dat u die verpligting van die boedel om die uitstaande rekening by die ouetehuis oor te neem. Dit sal ook tot gevolg hê dat u verplig word om die uitstaande rekening te betaal.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

2 Mei 2017


Kommentaar

Een kommentaar op “Eksekuteur moet instaan vir dié skuld

  1. Willem
    Willem

    So moet dit nie teken nie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.