|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek het verskeie van u reaksies op vrae op Landbou.com gelees en sal graag u opinie rondom wil hoor oor ‘n probleem waarmee ons sit.
Die probleem is dat ons al ongeveer jare met wild boer en ons plaas omhein is met wilddraad. Ons buurman, wat met beeste boer, het ongeveer ses jaar gelede ‘n paar gemsbokke aangeskaf en direk teen ons grensdraad in ‘n kamp gesit. Die gevolg is dat die gemsbokke nou weerskante van die heining baklei en die draad totaal en al vernietig. Intussen het ons tientalle wild soos springbok, rooibok en gemsbok verloor wat deur die gate kruip na die betrokke buurman.
Al ons oproepe en pleidooie om die draad te herstel en n miskien ‘n bufferdraad aan sy kant te span val op dooie ore.
Ons wil nie graag kwaai buurmanskap hê nie maar dit het ‘n punt bereik waar ons duisende rande se skade ly. Hy het ook tot dusver geen bydrae gemaak aan kostes rakende die gemeenskaplikke heining wat hy ook nou benut.
Wat sê die wet en wat staan ‘n mens te doen? Kan mens eis vir ‘n hoeveelheid wild (of bedrag geld) wat verlore is sowel as die kostes van herstelwerk en die oprig van die heining?
Die verantwoordelikheid om die grensdraad in stand te hou of die herstelkoste, is dié van die aangrensende eienaars. Dit is 'n gesamentlike verantwoordelikheid in terme van die Omheiningswet en beide eienaars is verantwoordelik is vir die koste daarvan.
As jy die buurman per brief sy hulp vra met herstelwerk aan die grensdraad en hy reageer nie binne een week nie, mag jy met die herstelwerk begin en in terme van die Wet sal hy aanspreeklik wees vir die helfte van die koste as beide partye se behoeftes wat 'n heining betref, min of meer dieselde is.
Oor hoe die heining daar moet uitsien om voorsiening te maak vir gemsbokke wat dit aan weerskante beskadig, sal eerder ‘n praktiese oplossing tussen die twee eienaars vereis.
Dispute word opgelos deur middel van arbitrasie - 'n paneel van drie word aangestel in terme van die Omheiningswet, of een arbiter word deur beide partye verkies.
Lees verder hier. Soos ons vroeër hier aangedui het, bly u die eienaar van die wild wat as gevolg van die heiningskade na die buurman se grond beweeg het en is u geregtig om hulle terug te eis.
Geskryf deur: Butch van Blerk (butch@billtolken.co.za)
17 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)