Onwettige intrekkers in werkershuise op plaas

Vraag:

Ek het probleme met mense wat my arbeidershuise beset het (ingebreek het ) om binne te kom en nou weier om uit te gaan. Die polisie weier om op te tree en se dat dit Landbou se probleem is en ek by hulle moet kla.Wat staan my te doen aangesien die Landbou Dept.ook niks doen na my klagte daaroor nie. Op die stadium kan my werkers nie in die huise bly nie. Wat is my regte en hoe moet ek die saak hanteer.

Antwoord:

Indien die persone werknemers was wat voorheen by u in diens was, sou die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg van 1997 (ESTA) op hierdie onwettige verblyf van toepassing wees.
Volgens u aanduidings is dit nie die geval nie en is hulle plakkers wat onwettig u privaat eiendom betree en beset.

Die Wet op Onregmatige Besetting van Grond , 1998 (PIE) is hierop van toepassing en die plakkers (onregmatige okkupeerders) kan slegs in terme van hierdie wetgewing deur 'n bevel van 'n Landdroshof deur 'n Geregsbode van die Hof van u grond afgesit word. Vir doeleindes daarvan moet 'n ingewikkelde aansoek deur u by die Hof gebring word, waarmee slegs 'n prokureur wat 'n kundige op die gebied is, u kan help.

Die plakkers kan nie eiehandig deur u van die wonings of grond verwyder word nie, want dan pleeg u spoliasie/besitsversteuring wat 'n Hof dan aan hulle terug kan gee. Dit is die moeite werd om hier die korrekte werkswyse te volg en indien hulle uitgesit is, kan u die eiendomme behoorlik teen inbrake beskerm ten einde onregmatige okkupasie in die toekoms te verhoed. Moet onder geen omstandighede hier die reg in u eie hande neem nie. Groete

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur, Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za  

20 April 2012

20 April 2012

1650 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights