|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Na maande se tob het ek maar besluit om raad te vra: Ek het n klein plasie wat aan my voorgele is deur die eienaar as diep en vrugbaar gekoop aangesien en graag n boerdery op die been wou bring. My huiswerk oor die tipe boerdery het ek wel gedoen en alle inligting wat ek kon insamel het ek.Kontrakte is geteken en ongelukkig eers na dit het ek die grondtoetse deur n geakkrediteerde mpy laat doen en die antwoord was dat hulle my nie eers sal aanraai om n lappie lusern te plant nie wat nog die aanplantings te doen wat ek graag wou...olywe en granate.Insetkostes om die grondgehalte van so aard te kry om te kan aanplant gaan geweldig wees. Dus is ek nou genootsaak om n ander rigting in te slaan. Ek voel ek is bedrieg. Wat staan my tedoen?ASB Enige goeie raad is welkom
Indien wanvoorstelling aan die kant van die verkoper aanleiding gegee het tot die sluiting van die koopkontrak met u, sal u onder andere moet beweer en bewys:
* Dat daar inderdaad ‘n wanvoorstelling omtrent die aard van die koopsaak was wat vals was.
* Dat sodanige wanvoorstelling deur die ander party of sy agent gemaak was.
* Dat sodanige wanvoorstelling ten opsigte van die grond so ernstig was dat ‘n redelike man tot sluiting van die koopkontrak sou beweeg.
* Dat sodanige wanvoorstelling gedoen was met die bedoeling om u tot kontraksluiting te beweeg.
* En dat sodanige wanvoorstelling u inderdaad tot sluiting van die kontrak beweeg het.
Ten opsigte van wat u sou kon eis, is daar ‘n paar moontlikhede, naamlik:
* U kan prysvermindering eis.
* Kansellasie van die kontrak en teruggawe van die koopsaak.
* Skadevergoeding sonder kansellasie van die kontrak, of;
* Kansellasie van die kontrak en skadevergoeding.
U sal egter moet verstaan dat die regsposisie hieromtrent uiters ingewikkeld is en u kan u maar gereed maak om goeie regsverteenwoordiging te bekom. U meld nie of die eiendom reeds in u naam oorgedra is nie.
*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville. butch@billtolken.co.za
10 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek het 'n 100% organiese produk wat ek aan jou kan voorstel wat die humus inhoud en vrugbaarheid van die grond sal verhoog sonder om enige kunsmis te gebruik teen 'n fraksie van die prys van enige ander bemesting produk huidiglik op die mark. Ek stel voor jy doen 'n toets op 'n gedeelte van die grond en as jy tevrede is kan jy die hele stuk grond daarmee bemes. Skakel my gerus by 076 755 9931. Groete Jan
Ek wil altyd weet, dat as die plaas dan so n "goudmyn" is, hoekom sukkel dit om te verkoop!
Skoolgeld betaal ?
Dit is 'n verskoning wat ons gebruik om nie te erken dat ons verval het in 'n onbetroubare nasie/geslag nie.
Ek het na 4 plase gaan kyk die afgelope paar maande.
Op plaas een het ek die agent gevra of daar grondeise/inwoners was. Sy antwoord was nee. Hy het vergeet om my te se dat die aangrensende plase reeds deur die regering opgekoop was en reeds in 'n plakkerkamp ontaard het.
Plaas 2 deel die agent my mee dat die eienaar sal toesien dat die inwoners trek. Hy vergeet egter om my mee te deel dat die stuk grond, in die middel van die plaas, reeds deur die regering vir die inwoner uitgekoop is.
Plaas 3. Die eienaar deel my mee dat hy net so bietjie probleme het met bankrotbos in die een kamp. 400 km later moet ek sien dat die plaas van 500 ha omtrent 200 ha bankrotbos het en dat dit oor die hele plaas verspreid is.
Plaas 4. Die einaar se vrou is baie ongelukkig toe ek haar vra na die bankrotbos. Haar man pas sy plaas op. Sy vertel my hou lieflike stuk grond dit is met 6 boorgate, windpompe fonteine en dat die drakrag agv die 3 vleie so 3 ha per gve is. Daar gekom werk net 2 windpompe en is manlief trots daarop om my te se dat as die wind die nag waai, die windpomp die 5000 L tenk teen die volgende more vol sal he. Die fonteine staan omtrent almal, die drakrag is nader aan 5 ha per gve en die plasie het sy regverdige deel van bankrotbos gekry.
Nee wat ons nasie/geslag het geen skaamte meer as dit by geld kom nie."Bottom line" is dit - Vertrou niemand nie. Nie eers as hy praat of lyk soos jy nie.
Net so paar vrae aan Butch:
Ek neem aan die kan 'n uitgerekte "geveg" raak.
Wat gaan die kostes aan so hofsaak wees ?
Gaan dit(finansieel/emosioneel) die moeite werd wees ?
Dit is jammer dat ons blanke suid afrikaners wat skynbaar so eerlik veronderstel om te wees nie twee keer sal dink om ander in te doen nie en dan waarskynlik nog by ander gaan spog daaroor. Eerlikheid is nie meer vir mense belangrik nie.
Ek het skynbaar gevra om raad en nie om vergelyk te word met "Nie westerlinge" nie maar baie dankie ek sal daardie stelling in die vervolg ingedagte hou.Op die pad na vooruitgang gaan n mens een of ander tyd wel skoolgeld betaal aangesien die lewe nie perfek is nie.
Ai Ai Ai hoekom eers na die kontrak aangegaan is die grond laat ontleed? Die meeste mense wat ek ken watdinge so agterstevoor doen is nie nie westerlinge nie. Jammer ou maat mens noem dit skoolgeld betaal
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)