|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
My ouers het 36 ha aangrensend ’n redelik “groot” boer. Die enigste toegang tot die stukkie grond waarop hulle al sedert 1999 bly, is deur die buurman se plaas.
Die deurgang word nou al 23 jaar gebruik, die buurman kla egter kort-kort en dreig kort-kort dat hy die pad gaan toemaak. Hy het selfs al so twee jaar terug ’n prokureursbrief gestuur, maar hy het dit toe laat vaar.
Nou die week het hy my ouers via ’n ander boer in kennis gestel dat hy die hele plaas met wildwering gaan toespan. Hy sal dan vir hulle ’n tydelike gang span en toegang wat al vir 23 jaar gebruik word, toemaak.
Moet my ouers die tydelike toegang aanvaar, kan hulle daarop aandring dat hy dit moet registreer as toegang vir hulle, wat kan hulle doen? Hulle is oud en dit is die enigste toegang tot hul woning.
Groete,
Lia
Hallo Lia, jou ouers besit ’n serwituut van reg van weg oor sy grond.
Hy is daarop geregtig om ’n alternatiewe of tydelike roete aan te dui, solank sodanige voorstel redelik is in soverre dit nie onredelike ongerief vir jou ouers teweeg bring of inhou nie.
As dit redelik is, moet jou ouers die alternatiewe roete aanvaar.
As die alternatiewe roete permanent word en vir jou ouers aanvaarbaar is, moet hy dit registreer ten gunste van hulle grond deur ’n serwituutkaart deur ’n landmeter te laat opstel en die gewysigde serwituut/reg van weg in die Registrasie van Aktekantoor laat registreer – op sy onkoste. Anders bly die bestaande roete die permanente roete.
Kontak my as jy verdere navraag het.
Groete,
Butch van Blerk
butch@billtolken.co.za
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24