Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Regskenner / Regte-n-serwituut-pad

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Regte by 'n serwituut-pad

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 19 Mei, 2010 - 10:14

Vraag

Ek wil graag weet wat is die regte van 'n serwituut pad?. Ek besit 'n hoewe al vir agt jaar die grond pad wat ons gebruik voorsien 4 verskillende eienaars toegang tot hul eiendom. Die persoon wat oorkant my bly wat nie eers die pad gebruik vir toegang tot sy perseel nie, keer alle ontwikkeling af wat na ons gedeeltes toe kom. Hy reken die pad is in sy grondgebied en hy het die serwituutt daarvan. Bv. word daar altyd gesê hy het die sê op die pad en hy sal besluit wat en wie die pad gebruik en daar mag ook nie vore gegrawe word vir water en riool aansluiting nie. Maar ons moet die pad nog instand hou ook, wat ek elke keer alleen erf. En as een van die hoewes op die pad wil ontwikkel keur hy dit summier af. Ek sal dit hoog op prys stel as u my in die verband kan advies gee.

Antwoord

Deur: BUTCH VAN BLERK

Waar grond onderverdeel word en kleinhoewes geskep word, is dit duidelik dat dit nie kan geskied sonder dat daar toegang in die vorm van ‘n pad, of reg van weg, ook ‘n serwituutpad genoem, ten gunste van die kleinhoewes geregistreer word nie.

Die owerheid (Minisipaliteit) stem toe tot die skepping van kleinhoewes, maar as een van sy onderverdelingsvoorwaardes vereis hy dat daar ‘n serwituutpad geregistreer moet word wat toegang vir die kleinhoewes tot die grootpad gee. Hierdie reg van weg, of serwituutpad, word dan meestal in die kleinhoewe se kaart- en transportakte opgeneem en geregistreer.

Ná die eienaar van die kleinhoewe nou registrasie daarvan by die Aktekantoor in sy naam verkry en eienaar word, kan hy te enige tyd in sy kaart en transportakte gaan lees en hy sal die verwysing na sy serwituut/reg van weg daar sien. Dan word sy kleinhoewe die HEERSENDE eiendom genoem, en die grond waaroor die serwituutpad loop, word die DIENENDE eiendom genoem. Die rede vir hierdie beskrywings spreek vanself. Jy kan dan nou vir altyd - ook die eienaars wat na jou eienaars word - die serwituutpad gebruik met volle regte sonder enigiemand se inmenging of toestemming.

Hierdie serwituut kan nie van jou weggeneem word nie en dit is ‘n baie sterk geregistreerde reg. Die eienaar van die dienende eiendom het nou geen beheer meer oor jou gebruik van die serwituutpad nie. Jy moet egter die serwituutpad onderhou en jou gebruik daarvan op ‘n beskaafde manier (civiliter modo) uitoefen, sonder om die grond waarop/waaroor dit loop, te benadeel/beskadig. Hy kan egter nie glad nie “besluit wat en wie die pad mag gebruik nie”.

As die owerheid destyds ook ‘n diensteserwituut (water/riool) se registrasie op dieselfde area vereis het, sal slote daarvoor wel gegrawe mag word. Normaalweg sal die owerheid ‘n diensteserwituut teen die grense van die kleinhoewes vereis en dit sal waarskynlik ook so in jou transportaktes geregistreer wees. Dan sou jy wel geen slote en vore in die pad mag grawe nie. Jou kaart en transportakte sal al hierdie inligting vir jou gee.

Ten opsigte van voorgenome ontwikkelings het alle aangrensende eienaars die reg om besware in te dien, maar op die ou end sal slegs besware aanvaar/gehandhaaf word wat werklik goeie redes aanvoer en aangrensende eienaars wat slegs “difficult” is se besware word normaalweg verwerp. Die aangrensende eienaar besit nie ‘n reg om ontwikkeling “af te keur” nie , want die owerheid beslis daaroor en nie hy wat die dienende grond se eienaar is nie.

Geskryf deur Butch van Blerk, ‘n regsgeleerde van Kaapstad. Sy e-pos is: butch@billtolken.co.za  

Lees ook: Wanneer word 'n pad 'n serwituut-pad?

21 Mei 2010
 

Addisionele dokument

3
Gemiddeld: 3 (4 votes)
Jou gradering: Geen
  • 3568 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Minimum loon is 'onwelkom'
  • ‘Oorweeg eie biobrandstofbedryf’
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction