Regskenner

Verkoop van plaasprodukte aan publiek

Vraag

Goeie môre. Ek soek inligting. Met melk en eiers wat ons dorp toe vervoer en by huise verkoop. Moet ek bewys by my dra om te sê produk is myne? Polisieman my af getrek en aangedring hy soek bewys dat produkte myne is en nie gesteel is nie. En hy gesê ek moet lisensie hê om produkte te mag verkoop. Moet ek bewys van produkte hê en lisensie. Melk en eiers maak nie eens halfton bakkie vol nie.

Antwoord

Gesondheidsregulasies bepaal dat plaasprodukte nie aan die publiek verkoop mag word , tensy dit deur die plaaslike munisipaliteit se gesondheidsinspekteur goedgekeur is en  magtiging daarvoor uitgereik is nie – bespreek hierdie aangeleentheid met die gesondheidsinspekteur wat u sal help om die regte riglyne te volg, sodat u u produk wettig kan verkoop.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

4 Julie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.