Verlore transport-akte

Vraag:

Ek het 2 jaar terug 'n erf gekoop en het so 'n paar maande terug my transportakte by die bank ingegee saam met ander papier om aansoek te doen vir 'n huislening (om een te bou) Nou weet hulle egter nie waar die dokumentasie is nie!! Waar en wie kan ek kontak vir 'n afskrif van my transportakte? Die erf is in Kuruman in die Noord-Kaap

Antwoord:

Indien jou oorspronklike transportakte verlore geraak het, moet jy in terme van Regulasie 68 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 by die Aktekantoor in wie se gebied die eiendom geleë is aansoek doen vir ‘n afskrif wat die verlore transportakte vervang.

Jy sal daarvoor ‘n Aktebersorger (prokureur wat in akteswerk spesialiseer) moet raadpleeg om die proses vir jou te doen. Die koste daarvan gaan R350,00 beloop wat aan die aktekantoor betaalbaar is en die prokureur se koste gaan ook ongeveer R500, of selfs meer, plus BTW beloop – (Lewensles – moet nooit ooit die oorspronlike van enige dokument wat jou eiendom is aan enigiemand oorhandig, sonder dat die persoon of instansie vir jou ‘n kwitansie daarvoor uitreik nie).

Geskryf deur Butch van Blerk van Bill Tolken Hendrikse ingelyf, van Bellville in Kaapstad. butch@billtolken.co.za

6 Mei 2012

6 Mei 2012

1453 keer gelees | 2 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


G Petrus

2012/10/19 02:11:50 PM

Om n persoon vanaf die registrasie of die transportakte te verwyder hoe gaan jy te werke.Ek betaal die huis vanaf 1999 en hy het nooit bygedra tot die betaling van die huis nie.Die "bond" is geregistreer in ons albei se name


MC

2013/03/19 01:08:31 PM

Wat is die kostes om my naam te verander by die aktes kantoor?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights