Menu

Vervoer van kinders

Vraag:

Ek is 'n boervrou wat ook onderwys gee. Tans vervoer ek drie leerders in my privaat motor op versoek van hul ouers na die plaaslike skool. Wat is die regsimplikasies ingeval van 'n motorongeluk. Hoe beskerm ek myself?

Antwoord:

Die Wysigingswet op die Padongelukkefonds 19 van 2005 het op 1 Augustus 2008 in werking getree en die beperking van R25 000 vir mediese koste deur 'n eiser teen die Fonds geskrap. Vanaf 1 Augustus 2008 het 'n eiser/passasier dus 'n onbeperkte eis vir mediese uitgawes teen die Fonds, en is daar geen eis teen uself daarvoor, indien u nalatig bestuur het, bestaan nie.

Eise teen die Fonds vir verlies aan inkomste (algemene skade) word beperk tot R180 000. Geen verdere eise bestaan teen uself vir algemene skade (pyn en lyding en verlies aan inkomste) nie. Indien die eiser/passasier ernstige/traumatiese beserings opdoen soos deur die wet bepaal, (brein,
parapleeg,kwadrupleeg) kan hy wel teen die Fonds daarvoor eis, maar soos hierbo genoem, geen eis teen uself nie.

Teen uself sou slegs geëis kan word, indien die Fonds nie in staat is om te betaal nie, soos wanneer die Fonds insolvent sou wees; asook vir eise wat verband hou met emosionele skok, byvoorbeeld deur iemand wat die ongeluk sien gebeur het, of ouers wat oor die beserings of dood van hul kind ingelig word. Vir hierdie twee gevalle waar eise wel teen u ingestel kan word; behoort u motorversekeringspolis aangepas te word om hierdie aanspreeklikheid deur u te dek. Laasgenoemde is baie belangrik.

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur, Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za

26 Maart 2012
 

25 Maart 2012

1850 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.