Regskenner

Waarsku waar jy slagysters plant

Vraag

Ek het 'n groot kraal tussen die bosse gemaak wat vir my lammerooie skuiling teen die koue bied. Ek sit nou met die probleem dat rooikatte in die kraal spring en lammers vang. Ek het slagysters rondom die kraal gestel en een kat al gevang. Maar van verlede week af het slagters in die dorp al drie van my ooie in die kraal kom steel. Wat sou gebeur as ek een van die diewe in 'n slagyster sou betrap?

Antwoord

Dit sou wys wees om kennisgewings aan te bring dat die kraal met slagysters beskerm word – indien ‘n veedief daarin beland en die kennisgewings was duidelik genoeg, sou jy jou op die beginsel van “selfaanvaarding van risiko” (volenti non fit iniuria) kon beroep. Dít gaan bloot oor die beginsel dat ‘n mens ten alle tye redelik behoort op te tree.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

16 Mei 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.