Regskenner

Wil fonteinwater bottel en verkoop

Vraag

Middag, Ek het 'n natuurlike waterbron op my plaas (fontein) en wil die water bottel en bemark. Ek het labratoruim toetse laat doen en die water is geskik vir hierdie doel. Wat is die wetlike aspekte en watter ander wette/regulasies is daar wat nagekom moet word voordat ek met so iets kan begin?Watter lisensies en of sertifikate moet in plek wees en waar doen ek aansoek daarvoor? Groete, Nic

Antwoord

Sou die leser water wil onttrek uit die fontein, sal daar aansoek gedoen moet word by die Departement Water en Sanitasie vir ‘n waterlisensie. Sodanige aansoek behels onder andere volledige pompdata, en sal onderhewig wees aan goedkeuring deur die Minister. Benewens die waterlisensie-aansoek, sal ook voldoen moet word aan die Regulasies (Reg. 718 van 2006) van die Departement van Gesondheid, en moontlik, afhangende van die feite van die geval, ook Departement van Omgewingsake. Onthou dat gebottelde water deur die owerhede as voedsel geklassifiseer word.

Hierdie tipe aansoek kan baie tegnies van aard wees, en die leser behoort van kundiges gebruik te maak.

* Geskryf deur Adriaan Groenewald, Groenewalds Prokureurs, Humansdorp adriaan@groenewalds.com

12 Junie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.