Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Regskenner / Wil-plaas-drie-dele-verdeel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wil plaas in drie dele verdeel

Ingestuur deur Janbez op 21 Februarie, 2012 - 09:06

Vraag

Ek het jou antwoord oor die afsny van grond op LBW se webwerf gelees.
http://www.landbou.com/kundiges/regskenner/wil-grond-laat-afsny-wat-nou

Ons is in 'n effense ander posisie:

Ons een plaas is 492 ha en bestaan uit drie dele van onderskeidelik 7,6 ha, 285 ha en 199 ha - elkeen met sy eie lotnommer, maar saam op 1 titelakte. Hulle is m.a.w. notarieël gebind ("notorial tie"). Die grond is te koop, maar in ons area (Hluhluwe, KZN) soek almal plase van so 200 ha.

Ons het al oral raad gevra maar niemand kan vir ons sê of dit moontlik is en hoe dit gedoen kan word om hierdie stukke los te maak van mekaar nie. As ons dit kan ontkoppel en die kleintjie se grense skuif om dit dan "lewensvatbaar" te maak (miskien so 100 ha) sal ons die stukke los baie makliker en winsgewender kan verkoop.

Indien jy kan help kan ek vir jou al die nodige detail en titelakte aanstuur. Die plan is om die 3 dele te ontkoppel en dan die kleintjie (H120) se grense te skuif sodat dit miskien so 100ha is en dan die 3 apart te verkoop.

Antwoord

Deur: BUTCH VAN BLERK

Jul plaas bestaan soos jy aandui uit drie stukke grond wat almal in terme van een transportakte gehou word. Gedurende 1971 het die Minister van Landbou in terme van Wet 28 van 1966 ‘n voorwaarde oor al drie julle stukke grond opgelê, wat vereis dat nie een van die drie stukke apart van mekaar verkoop/vervreem mag word nie, behalwe met die minister se skriftelike toestemming.

Hierdie voorwaarde het dieselfde uitwerking as die verbod op die onverdeling van landbougrond sonder die minister se skriftelike toestemming en julle verkeer feitelik in dieselfde situasie in die sin dat die minister se toestemming in skrif benodig word voordat enige van die 3 gedeeltes verkoop mag word.

Dit is dus raadsaam dat julle so spoedig doenlik met die proses begin om toestemming te bekom om die eenhede afsonderlik te verkoop. Dat dit egter toegestaan sal word, is nie ‘n gegewe nie. Die Minister mag ook verdere voorwaardes oplê wat op ‘n verkoping betrekking mag hê, soos dat dit met ander landbougrond gekonsolideer moet word, of wat die geval ook al mag wees.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad. butch@billtolken.co.za  

21 Februarie 2012

Addisionele dokument

3.5
Gemiddeld: 3.5 (2 votes)
Jou gradering: Geen
  • 1190 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Kommentaar

Onbekende besoeker
02 Mar 2012 22:39

Sterkte my vriend hoop jy gaan suksesvol wees na n paar jaar ???

  • antwoord
Onbekende besoeker
29 Feb 2012 15:03

Moet nie nou al 'n landmeter by jou saak betrek nie. Hy gaan jou opmeting geld vra nog voordat iets goedgekeur is. Vra 'n beplanner om die aansoek vir jou te doen. Hy sal 'n herverdelingskaart teken en aansoek loods. Dit moet verkieslik iemand in Pretoria wees aangesien die departement daar is en dit net makliker is as jy hulle self kan gaan sien.

  • antwoord
Onbekende besoeker
27 Feb 2012 20:35

Laat 'n landmeter jou help met die aansoek sodat daar terselfdertyd aansoek gedoen word vir onderverdeling en konolidasie sodat die kleiner gedeelte groter gemaak word. Die hoeveelheid eiendomme bly dus dieselfde. Probeer uitvind hoekom die eiendomme oorsponklik verbind was. Dept. LAndbou se Hulpbron bewaring neem hulle besluit aan die ahnd van die lewensvatbaarheid van elke deel. (ten minste 20 Ha lande met 10 Ha waterregte of 60 GVE kan dra.)

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)


Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Agri24 se [sensor]us verskuif
  • Veesiektes (11) Vliegbestryding keer talle siektes
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction