Vra vir Faffa

Vra 'n vraag Indeks van antwoorde

DR. FAFFA MALAN

Dr. Faffa Malan kan beskryf word as Suid-Afrika se eerste virtuele veearts. Hy is ’n vorige Landboukundige van die Jaar van Landbouskrywers SA en gewilde vriend van talle boere in Suid-Afrika en sy buurlande. (Let wel: Diere word nie behandel op Vra vir Faffa nie, kontak jou eie veearts.)

  • Intensiewe lamstelsels: Wat sê die lammers?

    Eerstens wil ek dr. Philip Theunissen bedank vir sy artikel 'Ekstensief vs Intensief' in Landbouweekblad van 14 April 2017. Ek is nie 'n boer nie, maar lees die afgelope 4 jaar alles wat ek kan kry oor intensiewe skaapboerdery, en het selfs een van dr. Jasper Coetzee se kursusse bygewoon. Elke keer as ek 'n finansiële model bou vir 'n intensiewe boerdery loop ek myself vas in een of meer van die volgende; Swak winsgewendheid, ernstige kontantvloeiprobleme en/of 'n baie…
    • Besproeiing van lusern in die winter

      Hoeveel water moet vir lusern in die winter gegee word?
      • Siektes van wild in Afrika

        Waar kan ek inligting van siektes in wild in Afrika kry?
        • Wes-Nyl virusinfeksie in perde

          My perd het senuweesimptome. Daar is tans baie muskiete en ek het gehoor dat hulle Wes-Nylsiektevirus kan oordra. Ek soek meer inligting oor die siekte.
          • Visvrektes

            Ons boer tussen Nelspruit en Kaapmuiden.Ek het n vraag oor ‘n situasie wat ek Sondag middag waargeneem het op die plaas. Ek het ‘n draai gaan ry op die plaas soos ek maar gewoonlik doen oor naweke om seker te maak daar is nie ongewenste aktiwiteite wat plaasvind nie. Toe ek egter by die dam kom was daar ‘n baie onaangename reuk en daar is baie kurpers en baars wat uitgespoel lê op die wal. Ek het verder stroomop gery…
            • Gevaar om nuwe hondjiie in huishouding in te bring

              Ons het 2 Jack Russell tefies van ongeveer 7 jaar oud. Ons het so 2 jaar terug 'n Husky baba gekry en sy is na 3 dae doodgebyt deur die Jack Russels. Ons het hulle net bymekaar laat kom as ons by is, maar het op een of ander manier die hek tussen hulle oopgekry. Oor 2 weke kry ons 'n 8 weke oue rifrug tefie. Hoe gaan ons te werk om hulle gewoond te maak aan mekaar?
              • Hondsdolheid in beeste

                ’n Uitbreek van hondsdolheid het al minstens 21 beeskalwers in die gebied tussen Bloemhof en Schweizer-Reneke in Noordwes geëis. Hulle is nou in die proses om al hul beeste teen die siekte te ent, sê mnr. Cassie Maree van die plaas London. Hy het al 10 kalwers verloor en ’n buurman 11. Hulle vermoed die virus is deur ’n jakkals of rooimeerkat oorgedra. Ek soek meer inligting oor hondsdolheid in beeste.
                • Black wattle as voeding vir wildsbokke

                  Ons wil van ons njalas na 'n ander plaas van ons skuif waar daar slegs gras en black wattle is. Sal die njalas black wattle vreet en hoe goed is sy voedingswaarde. Ek hoor daar is boere wat klein bome fyn maal vir beeste. U terugvoer sal waardeer word.
                  • Stoor van Eragrostis (oulandsgras) ronde bale

                    Hoe lank kan Eragrostis rondebale binne, buite onder seil en buite sonder seil op die Hoëveld gestoor word? Die reënval is ongeveer 600 mm per jaar.
                    • Blou-uier in melkbokke

                      Een van my melkbokke het simptome van mastitis getoon. Uit die melkmonster wat weggestuur is, is Pseudomonas geïsoleer. Sou die bakterie al lank teenwoordig wees? En sou dit my kaas beïnvloed? Sal dit pasteurisering oorleef?