Ensoötiese beesleukose

Vraag:

Ek het melkkoeie ingekoop en onlangs is een van die koeie met leukose gediagnoseer. Verskaf asb. meer inligting oor dié siekte.


Antwoord:

Vraag:
Ek het melkkoeie ingekoop en onlangs is een van die koeie met leukose gediagnoseer. Verskaf asb. meer inligting oor dié siekte.

Antwoord:
Ensoötiese beesleukose (EBL) word deur 'n retrovirus veroorsaak.
EBL kom in 3 vorms voor:
 

  • Die bees is met die EBL virus besmet, teenliggame teen die virus kan in die bloed bepaal word. Die besmette dier toon egter geen kliniese tekens van EBL nie.
     
  • Die besmette dier het permanent 'n groter aantal Beta-witbloedselle in die liggaam teenwoordig.
     
  • Die dier ontwikkel limfoïede gewasse.

    Die siekte word gekenmerk deur 'n lang inkubasieperiode (tydsverloop vanaf infeksie totdat kliniese tekens waargeneem word).
    EBL moet onderskei word van sporadiese beesleukose (SBL). SBL kom voor in jong diere tussen 4 maande en 2 jaar. SBL word nie met EBL verbind nie en word as nie-aansteeklik beskou. Albei toestande kom in die RSA voor.

    Voorkoms en verloop van EBL
    EBL het 'n wêreldwye voorkoms. Die ekonomiese verliese in 'n kudde kan baie groot wees a.g.v. positiewe diere wat uitgeskot moet word, asook verlies in melkproduksie. 'n Kudde kan 100% EBL besmet wees alhoewel slegs 30% van beeste verhoogde witseltellings mag hê. Uit hierdie 30% mag 30% gewasse ontwikkel. Die siekte kom in die RSA veral voor in Holstein-Fries en Jersey-kuddes waar tot 90% van beeste positief toets vir teenliggame teen EBL. In vleisbeeskuddes is die insidens veel laer. Beeste bly besmet vir die res van hulle lewe. Dit is van belang dat skape ook besmet kan raak met die bees leukemie virus. Voorsorg moet dus getref word waar positiewe beeste en skape saam loop in 'n kamp.

    Oordraging van EBL
    Die vernaamste maniere van oordraging is waar spuite, naalde en instrumente met 'n EBL positiewe dier se bloed besmet is en vatbare diere dan in kontak met hierdie bloed kom. Bytende vlieë mag ook die virus meganies oordra. Daar kon nog nie bewys word dat bosluise die virus kan oordra nie. Oordraging deur melk en kolostrum is al beskryf. Dit lyk nie of spoeg en mis 'n rol in die oordraging van die siekte speel nie.
    Tot dusver kon die EBL virus nog nie in eierselle of sperme of embrio's van diere wat met die EBL virus besmet is, geïsoleer word nie.

    Kliniese tekens
    Na infeksie met die EBL virus toets beeste na 10 tot 12 dae positief vir teenliggame. Die eerste kliniese tekens ontwikkel eers na 3 jaar.
     

  • Meeste diere wys geen kliniese tekens nie, alhoewel hulle positief toets vir teenliggame. Hulle bly besmet vir die res van hulle lewe en ontwikkel geen kliniese tekens nie.
     
  • Na 3 tot 6 jaar ontwikkel 30 tot 70 persent van besmette diere permanente verhoogde Beta-witbloedselle. Hierdie diere word dikwels uitgeskot vir ekonomiese redes omdat hulle immuniteit status verlaag is.
     
  • Slegs 0,1 tot 10% van besmette diere ontwikkel gewasse wanneer hulle 5 tot 8 jaar oud is. Diere vreet nie goed nie, vermaer en daar is verlies in produksie.Limfknope vergroot. Afhangende waar die gewasse voorkom, kan die oë uitpeul en diere kan lam raak. Hartversaking, asemhalingnood, bloed in die mis en vrektes kom voor.

    Diagnose
    Diagnose kan gemaak word op kliniese tekens.
    Deur bloed na 'n labarotorium te stuur, kan vasgestel word of diere EBL het.

    Beheer
    Sorg moet gedra word om nie EBL-positiewe diere in te koop nie.
    Positiewe diere word uitgeslag.
    Laat diere in 'n kudde toets om vas te stel wat die insidens in jou kudde is.

     

  • Geskryf deur dr. Faffa Malan

    Bron:
    Coetzer, J.A.W. and Tustin, R.C. 2004 Infectious Diseases of Livestock. Oxford University Press Southern Africa. ISBN 0 19 578202 X

    4 November 2008

12 Julie 2012

1968 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights