Gewrigsprobleme by varke

Vraag:

Ek het 11 klein varkies, 2 weke oud en 3 van die werpsel het die volgende probleem. Die bypootjies op die voor en agterbene swel en dan begin nekrose (afsterwe) van weefsel plaasvind. Kraamhok se vloer is van sement, infrarooilig is voorsien. Hok word elke dag skoongemaak (mis & nat bedding word verwyder), slaapgedeelte word bedek met kaf. Na elke werpsel word die hok gewas met chloor. Is koue dalk 'n probleem?

Antwoord:

Gewrigsonsteking of artritis is ‘n baie algemene toestand in pasgebore, jong en ouer varke. Daar is verskillende bakteriese organismes wat die oorsaak mag wees. Daar is ‘n direkte korrelasie tussen swak vloere asook betonvloere wat permanent nat is en die frekwensie van die probleem. In pasgebore varkies kan die bakterie of deur die sagte horingvlies van die pootjie of deur die naelstring die liggaam binnedring. Natuurlik speel higiёniese praktyke ook ‘n rol wanneer tandjies en oortjies asook stertjies geknip word. Koue per se kan nie die probleem veroorsaak nie.

Een van die basiese beginsels van suksesvolle kraamsaalbestuur is om die hokke so droog en warm as moontlik te hou. Indien ‘n sog se werpsel te groot is vir die beskikbare spene wat sy het of sy produseer vir een of ander rede te min melk, word daar dikwels gesien dat die klein varkies baie hard vir hulle porsies moet werk en dat groot skuurmerke op hulle knieё vorm. Hoe growwer die vloer, hoe erger die letsel. Stalosan®F is ‘n poeierontsmettingsmiddel wat deur droё werking tot voordeel van ‘n produsent kan dien om die voorkoms van artritis te verminder.

Dit mag wees dat chloor of kalk redelik skawend op die vel mag wees. Dit is beter om met ‘n goeie reinigingsmiddel (“degreaser”/ontvetter) eerste die vloere, mure en hok te behandel en dit op te volg met ‘n goeie ontsmettingsmiddel. Kaf kan gebruik word as beddegoed, maar dennehoutskaafsels bly die voorkeurproduk. Die behandeling van sulke toestande met antibiotika is dikwels teleurstellend daarom is voorkoming ‘n beter langtermynkeuse.

 

Geskryf deur: dr. Pieter Grimbeek, Varkkonsultant (pigvet@mweb.co.za)

 

22 Julie 2012

23 Julie 2012

336 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights