Menu

Inligting oor subtropiese vrugte

Vraag:

Waar kan ek inligting oor subtropiese vrugte kry?

Antwoord:

Die vrugte wat by die kategorie “subtropiese vrugte” ingesluit word,  is avokado’s, piesangs, mango’s lietsjies, papajas, grenadellas, pynappels en koejawels. Ander soorte is: turksvye, lukwarte, spanspekke, papajas en koejawels.

 

Weens die spesifieke klimaatvereistes van sekere soorte subtropiese vrugte kan dit slegs in bepaalde dele van die land verbou word. Oor die algemeen verg subtropiese vrugte warmer toestande en is hulle gevoelig vir groot temperatuurskommelinge en ryp.

 

Die vernaamste produksiegebiede van subtropiese vrugte in Suid-Afrika is dele van die Limpopo-provinsie, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Vrugte soos grenadellas en koejawels word ook in die Wes-Kaap verbou, terwyl pynappels in die Oos-Kaap en in KwaZulu-Natal verbou word.

 

Waar kan ek inligting kry?

 

 Avokado’s

Indien ‘n mens enigiets oor avokado’s wil weet, gaan na www.avocado.co.za

 

Mango’s

Die webtuiste www.mango.co.za wat deur die SA Mangokwekersvereniging bedryf word, bevat tegniese en verbruikersinligting vir beide die beginnerboer en die ervare boer. Die webtuiste bevat ‘n kontaklys van prosesseerders, waarin besonderhede verstrek word oor die area van prosessering waarby hulle betrokke is: sap, atjar, gedroogde mango’s en ander produkte.

 

Die LNR-Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse -  tel 013 753 7060  -kan ook gekontak word.

 

Turksvye

Besoek die webtuiste van die Suid-Afrikaanse Turksvykwekersvereniging by www. cactuspear.co.za

 

Publikasies en webtuistes

Die volgende inligtingspakkette (brosjures) is van die LNR en DAFF verkrygbaar:

  • Cultivating Subtropical Crops
  • Cultivating Pineapple
  • The cultivation of Litchi’s
  • The cultivation of Granadillas
  • The cultivation of Guavas
  •  Die verbouing van Koejawels
  • Mango Pests and diseases in South Africa
  • The cultivation of Mangoes
  • The cultivation of Papaya
  • The cultivation of Avocados
  • Avocado Pests
  • Banana Pests and Diseases in South-Africa
  • Pests and Beneficial Arthropods of Tropical and Non- citrus Crops in South Africa

 

Gaan na die webtuiste www.daff.gov.za en kies die opsie “Publications”

 

Ander LNR-publikasies sluit die volgende in:

 

  • Identification Manual for Avocado Pests
  • Handbook of Banana Growing in South Africa by dr. J.C. Robinson. His book Bananas and Plantains, published by CAB International, Cambridge University Press, is also available.

 

LNR-ITSG-publikasies

Tel. 013 753 7000

infosc@arc.agric.za

 

Die AGIS-webtuiste – www.agis.agric.za – sluit aantekeninge in oor die verskillende subtropiese vrugte, insluitend die minder bekende soorte. Inligting oor produksie, peste en siektes word verskaf. Kleurvolle inligtingstrokies (infotoons) kan ook besigtig word – kies die kieslysopsies: “ AGIS”, “Skills Development” en “efarmer”. Mango’s, piesangs, papajas en hoe om vrugtevlieë by subtropiese gewasse te beheer, word ook bespreek.

 

Landboutydskrifte soos Landbouweekblad en Farmer’s Weekly of besoek die webtuistes www.landbou.com en www.farmersweekly.co.za vir artikels in die argiewe.

 

Avokado’s, piesangs en mango’s word in die DAFF-publikasie Horticultural crops market value chain profiles gedek. Besoek www.daff.gov.za of kontak die Navorsingsentrum by 012 319 7141.

 

Die volgende publikasies is beskikbaar van die Turksvykwekersvereniging  ( www. cactuspear.co.za):

 

  • ‘n inligtingsbrosjure vir voornemende produsente
  • ‘n resepteboek met oorspronklike en getoetste resepte

 

Ander webtuistes

 

 

Hierdie inligting is verkry uit die Nasionale Landbougids van 2011. Departement Landbou, Bosbou en Visserye, Republiek van Suid-Afrika.

 

!8 Oktober 2012

20 Oktober 2012

2811 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Tuli's se Elite-koei

    Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

  • Die Angus-ras se Elite-koei

    Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

  • Elite-koei by Bonsmaras

    Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

  • Nguni's se Elite-koei

    Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.