Kragvoer vir lammers wat afgerond word

Vraag:

Wat is die heersende markprys vir kragvoer vir lammers wat afgerond word per ton? Hoeveel gram per dag sit 'n lam wat op kragvoer is aan? Watter infrastruktuur kostes moet aangegaan word om 'n kragvoer afrondingsisteem te implementeer (600 lammers in voerkraal)? Behalwe kragvoer watter ander afrondingsisteme is daar nog en hoe vergelyk die kostes daaraan verbonde met kragvoer?

Antwoord:

Kragvoer vir lammers

  1. Weens die baie groot variasie in mielie- en ander voerpryse is dit nie moontlik om ‘n heersende prys te verskaf nie.  Kontak u naaste koöperasie of landboubesigheid in die verband.
  2. Goeie gehalte lammers wat ongeveer 32kg weeg, kan van 300-400g/dag groei.
  3. Dit hang af van die struktuur wat opgerig word.  Dit kan van ‘n eenvoudige draadkraal wees tot onderdak fasiliteite met hortjiesvloere.
  4. Lammers kan met sukses op droëland en/of besproeide aangeplante weidings afgerond word.  Die kostes van weidingstelsels is ongeveer 20- 30% goedkoper as dié van voerkrale, maar dit hang natuurlik af van die beskikbare hulpbronne.

 

Geskryf deur:  Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

 

8 Augustus 2012

 

Lees ook :

www.landbou.com

Klik op Indeks na alle antwoorde onder Vra vir Faffa

Rol af na Skape en bokke

Klik op Afronding asook op Voeding

7 Augustus 2012

457 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights