Lammervrektes – 1

Vraag:

Ek het so  paar maande terug met skape begin boer. Ek het 50 ooie vanaf Upington omgewing na Vryburg, NW, gebring. Alle ooie is nou swaardragtig en ‘n paar het al gelam. Al die lammers (5) is sover vrek. Van hulle het ‘n dag of twee geleef en het gesond voorgekom, maar dan is hulle vrek teen die volgende oggend. 

Met aankoms op die plaas het ons vir bloednier gespuit, maar die spuit het ‘n sweer/infeksie veroorsaak in die boud (op die spuitplek) wat toe die ooie se uiers aangetas het. Van die uiers was hard aan die eenkant. Na die veeartsondersoek en verdere medisyne het dit blykbaar gesond geword.

Ek neem aan dat die ooie se melk besmet kan wees en dit dalk die lammers laat vrek...? Dis tenminste ‘n maand terug dat die ooie enige medisyne/spuite gekry het. Ek will graag enige verdere vrektes vermy. Help asb. Elton


Antwoord:

Daar word nie vermeld of die ooie met die aluin- of olie-entstof teen bloednier geïmmuniseer is nie.  Indien ooie herhaaldelik met die olie-entstof gespuit word, word 'n swelsel op die inspuitplek gekry wat weer na 'n tyd verdwyn sonder enige komplikasies.  Indien daar egter infeksie in die boud voorgekom het, kan die oorsaak moontlik wees omdat óf die entstof in die spier gespuit is en/of dat die naald vuil was.  Die bloednierentstof moet onderhuids gespuit word en daar moet maksimum vyf ooie met een naald gespuit word.  Die nuutste aanbevole plek om te spuit, is die kaal kol in die los vel net onder die oor.  

Wanneer lammers vrek, moet eerstens van die dooie lammers met hulle nageboorte en verkieslik die ooie ook, dadelik vir ‘n ondersoek na 'n veearts  geneem word.
 
Wanneer lammers vrek, moet die dooie lammers geweeg word sodat ons kan bepaal of hulle te groot of te klein met geboorte is, want beide toestande kan vrektes veroorsaak.  Die lammers moet 3.5 tot 5.5 kg met geboorte weeg.  Verkeerde byvoeding kan tot domsiekte en/of subkliniese melkkoors aanleiding gee wat tot lamvrektes kan lei.  Indien die ooie slegs op die winterveld aangewese is of hulle het te min  deurvloeiproteïenlek of aanvulling ontvang, sal hulle te min bies hê wat ook tot lamvrektes aanleiding kan gee.  Gebruik die volgende lek vanaf ses weke voor lam (400 g/ooi/dag) en na lam (500 g/ooi/dag):  250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg gemaalde mielies + 50 kg sout.  Indien daar onvoldoende weiding is, staak die lek en gebruik die volgende volledige lammerooirantsoen:  375 kg gemaalde lusern + 350 kg gemaalde mielies + 100 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 100 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel. Pas die ooie geleidelik op die rantsoen aan en voer teen 2 tot 3 kg/ooi/dag.  Voer die helfte in die oggend en die ander helfte laatnamiddag.
 
Indien die vrektes voortduur, skakel my by 076 846 88
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Voedingsdeskundige (jasperco@iafrica.com)
 
14 September 2009

6 Julie 2012

2849 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights