Mieliekopmeel in kragvoermengsel vir ooie met lammers
Vraag:
Graag wil ek u raad vra hoe om mieliekopmeel ten beste die komende winter as kragvoer mengsel te benut. Moet 80 ooie met 80 lammers en nog 90 ooie wat nou by ramme was voer. Het ook tef- en lusernbale om adisioneel te voer vir ruvoer.
Antwoord:
Gebruik die volgende kragvoermengsel vir die ooie met lammers asook vir die gedekte (dragtige) ooie as byvoeding gedurende die winter:
625 kg gemaalde blaarkopmeel
200 kg Voermol SS 200
100 kg Voermol Procon
80 kg Voermol Melassemeel
1 005 kg TOTAAL
Meng die kragvoermengsel baie deeglik en voer dit daagliks aan skape in bakke met voldoende vreetspasie sodat al die skape gelyktydig kan vreet. Die skape moet stadig en geleidelik oor 'n 10 dae periode aangepas word. Begin die eerste dag met 100 g/skaap/dag en verhoog dit daaglikse met 100 g/skaap/dag tot die verlangde voedingspeil.
Afhangend van die skape se kondisie en massa sal hulle ongeveer 1 tot 1.5 kg/skaap/dag na aanpassing gevoer moet word. Voer ruvoer (tef- en lusenbale) eenkant addisioneel by soos benodig om te verseker dat die skape hulle dik vreet. Indien lusernbale te min is, kan dit gereserveer word vir ooie met lammers.
Geskryf deur: Dr. Jasper Coetzee, Professionele Veekundige (400328/83), Kleinveevoeding- en Bestuurspesialis (jasperco@iafrica.com)
3 Junie 2012
25 Junie 2012
457 keer
gelees |
0 kommentaar