Pokkies by voёls

Vraag:

'n Ruk gelede het my kalkoene vratte in hulle gesigte begin te kry. Dit word met verloop van tyd meer en groter en tas hulle bekke asook vermoё om te eet aan, gevolglik vrek hulle. Dit wil voorkom asof dit aansteeklik is, aangesien ander ook besmet word as een dit het. Onlangs het dit ook kop begin uitsteek by my pou kleintjies. Dit wil voorkom asof die volwasse poue meer bestand daarteen is, maar die pou kleintjies en kalkoene vrek daarvan. Hier is wilde tarentale wat redelik mak is en tussen die pluimvee beweeg, maar dit wil voorkom asof hulle nie besmet is nie. Dit het nog nie my hoenders aangetas nie. Wat is dit? Enige raad in die verband sal waardeer word!

Antwoord:

Uit jou beskrywing klink dit asof die vratagtige letsels voёlpokkies is. Voёl- of hoenderpokkies is ‘n aansteeklike siekte, wat deur ‘n pokkievirus  wat deur muskiete en ander bytende insekte versprei word, veroorsaak word. Daar is verskillende stamme van die virus (kanarie-, duiwe-, en hoenderpokkies)  Die hoenderkuikens kon dalk teen pokkies ingeёnt gewees het (sien behandeling) en daarom het hulle nie die siekte nie

Daar is twee vorme van pokkies – die nat vorm (letsels is in die mond en dermkanaal) en die droё vorm (letsels op die vel). Die nat vorm is meer ernstig omdat dit met die voёls se eetgewoontes inmeng soos ook in die vraag beskryf is. Dit kan ook lei tot obstruksie van die voёls se lugweё en vrektes veroorsaak. Die droё of velvorm is minder ernstig maar die letsels kan besmet raak met bakterieё en tot verdere beserings lei.

Daar is geen behandeling  teen virusse nie en die voёls sal, met verloop van tyd ‘n immuniteit teen die siekte ontwikkel. Jy kan jodium of ‘n lokale spreigeneesmiddel op die wonde gebruik om verdere infeksies te keer, maar dit sal nie die helingsperiode verkort nie.

Die sleutel om die probleem te hanteer, is voorkoming. Aandag moet gegee word om muskiete en ander bytende insekte te beheer. Gee aandag aan hulle broeiplekke asook aan die gebruik van insekdoders. Entstowwe is beskikbaar en by kommersiёle boerderye word die entstowwe in die broeihuise of op plase toegedien rondom 6 weke ouderdom. Of hierdie entstof effektief gaan wees teen die virusstamuitdaging op jou plaas is ‘n ander vraag.

Geskryf deur:  dr. Greg Celliers, Tegniese bestuurder,  Ceva Dieregesondheid  (greg.celliers@ceva.com)

25 Julie 2012  

25 Julie 2012

467 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights