Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Akwakultuur / Gevaar-van-kopersulfaat-drinkwater

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gevaar van kopersulfaat in drinkwater

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 5 Januarie, 2012 - 10:28

Vraag

Hoeveel kopersulfaat kan in ’n dam gegooi word om die alge groei te keer sonder om `n gevaar in te hou vir diere wat die water drink. Kan dit enige kopertekort by diere ook teenwerk?

Antwoord

Deur: DR. NEIL FOURIE

Kopersulfaat moet gereeld in damme gegooi word om alge te beheer.

 Dit is 'n gevaarlike praktyk as die water deur diere gedrink gaan word of as die water op weidings gespuit word. Koper teen te hoё vlakke kan in diere se lewers aansamel. Dit kan ook die omgewing permanent besoedel. Skape veral, en spesifiek sekere rasse, is baie vatbaar vir 'n oormaat koper in die dieet of water. Koper bou op in die lewer totdat 'n gevaarlike vlak bereik word. Daarna word die koper uit die lewer vrygestel en dit veroorsaak dat die rooibloedselle bars. Skape kry daarna geelsug en vrek.
 
Ek sou geen kopersulfaat in water sit nie. Kontak 'n goeie igtioloog (viskundige) en vind uit watter visse kan jy in die dam sit wat die alge sal beheer.
 
Geskryf deur: dr. Neil Fourie, Toksikoloog (neil@nfourie.co.za)
 
Lees ook:
 
Beheer van groen alge en wateronkruid
Alge as viskos
Dooie alge in water
Watergras in plaasdam
Geelsiekte (kopervergiftiging)
Kopervergiftiging
Vermoedelike kopervergiftiging

Addisionele dokument

4
Gemiddeld: 4 (2 votes)
Jou gradering: Geen
  • 1202 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Kommentaar

FrikFaure
24 Jan 2012 09:16

Tans verskaf ons n tegnologie wat baie suksesvol algae in damme bestuur met behulp van n kombinasie patent van suurstiof en nie-ysterdraende metale waarvan koper een is. Die groot verskil van hierdie tegnologie is dat die insluiting van die verskillende vlakke elektronies beheer word. Dus word daar verseker dat die vlakke van byvoeging van alle nie-ysterdraende metale geskied teen vasgestelde wereldgesondheidsvlakke. Dit verseker dat die waterkwaliteit baie verbeter maar binne die toegelate perke. Ons het die tegnologie beproef in damme met geweldige hoe uitdagings van algae en reggestel in n periode van 4 weke. Ons het pas ook bewys dat die tegnologie uitstekend werk by die behandeling van biofilm in besproeiingstelsels. Binne n tydperk van 6 weke is alle drippers wat al vir n lang tydperk verstop was van algae/biofilm weer skoon en drip soos normaal. By golfbane waar daar n kombinasie van rioolwater gebruik word en waar sproeiers so verstop was dat hulle nie meer gefunksioneer het nie, het hulle begin draai in 5 weke en hardloop die sproeiers nou vir n tydperk van 5 maande sonder om skoon gemaak te word. Besoek ons gerus by www.waterenrichment.co (slegs .co nie .co.za)

  • antwoord
Onbekende besoeker
19 Jan 2012 11:26

Ek het ook 'n groot probleem met slik in my dam omdat die dam water voorsien aan my spilpunt en die slik dan die spuite verstop. Ek het koi sowel as karp visse ingegooi sonder sukses. 'n Buurman het my toe raad gegee om so paar sakke kunsmis in die dam te gooi, dit op te los en uit te spuit op die landerye. Tot nou toe lyk die dam baie skoner - hoop dit werk!

  • antwoord
Onbekende besoeker
17 Jan 2012 20:56

Het voorheen visse in my diere se drinkwaer gehad.bokke kry toe swere in hul borsholtes en vrek.laat van swere ontleet en die veearts deel my mee dat dit `n visvirus is .Maak alle visse dood in dam en het nou vir jare gladniemeer die probleem nie.Leef nou maar met die alge saam

  • antwoord
Faffa
12 Jan 2012 06:20

In die ou dae is 'n lepeltjie kopersulfaat vir skape gegee om die slukgroef te laat sluit voor dosering van bv. fenpoeier. Sou graag wou weet hoeveel skape is dood gedoseer?
Kopersulfaat word nou nog deur sekere boere gebruik om waterslakke dood te maak. Weet ook van dierevrektes wat voorgekom het waar te veel kopersulfaat gebruik is.

  • antwoord
Onbekende besoeker
05 Jan 2012 20:49

My goeie vriend Jan van Hoopstad het my sy pragtige skoon sementdam gewys sonder alge. Hy gooi net 'n ou motorband daarin wat op/in die water dryf. Ek het dit dadelik by my kom doen en voorwaar dit werk verseker.

  • antwoord
Onbekende besoeker
05 Jan 2012 12:49

Kopersulfaat word nie slegs vir die beheer van alge gebruik nie, maar van die ouer praktyke was om dit ook teen neuswurm as 'n doseer middel in die krippe by diere suipings te plaas.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)


Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Talle boer-gebruike vir iPad
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction