Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Akwakultuur / Visboerdery / Kurpers-oorleef-soutwater

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kurpers oorleef in soutwater

Ingestuur deur Janbez op 21 Junie, 2011 - 15:43

Vraag

Ek het by iemand gehoor dat kurpers in soutwater kan oorleef. Is dit werklik die geval?

Antwoord

Deur: Dionne Crafford

Kurpers se redelike wye toleransie wat omgewingstoestande betref, dra inderdaad by tot hulle geskiktheid wat varswater-akwakultuur betref. Oor die algemeen kan kurpers voortplant in water met soutkonsentrasies hoër as 30 dele per duisend (“ppt” of “parts per thousand” in Engels). Sommige spesies soos Tilapia guineensis, Sarotherodon melanotheron, Tilapia zillii en Oreochromis mossambicus kan soutkonsentrasies van 0 to 120 ppt hanteer. Ek wil graag fokus op die laaste spesie, die bloukurper, aangesien dit ‘n belangrike spesie is vir akwakultuur in Suid-Afrika.

Bloukurpers kom voor in warm water in poele, kanale, damme en selfs toe riviermondings en mere naby die kus. Die vis kan oorleef in vars, brak en selfs seewater, maar is gewoonlik afwesig in riviermondings wat permanent oop is (m.a.w. oop is see toe) en in die oop see self. Weens hierdie aanpassing om hoë soutgehalte te hanteer, kan die visse suksesvol in brakwater aangehou word vir akwakultuur doeleindes. Maar hoe presies kry die vis dit reg om in sulke hoë soutgehaltes te oorleef?

Uit literatuur wil dit voorkom of die antwoord lê in chloorselle. Die grootte van “immuunreaktiewe” (“immunoreactive”) chloorselle in die kieue is twee maal groter in visse wat in soutwater aangehou is, en vier keer groter by visse in gekonsentreerde soutwater (180% soutwater), wanneer dit vergelyk word met dïe van visse wat in varswater aangehou is. Onder souttoestande vorm daar ook meer “chloorselkomplekse” met instulpings en buisagtige netwerke wat dui op verhoogde sellulêre aktiwiteit. Daar word gespekuleer dat hierdie hoogs aktiewe chloorselle in die kieue se epiteelsellaag (die buitenste sellaag) verantwoordelik is vir die uitskeiding van sout onder sulke toestande.

Geskryf deur: Dionne Crafford (crafford2@telkomsa.net)

21 Junie 2011

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 750 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kragkrisis: G'n kortpad nie
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction