Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Afronding / Voeding / Grootmaak-van-melk-kalfies

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Grootmaak van melk-kalfies

Ingestuur deur Janbez op 21 Junie, 2005 - 08:32

Vraag

Tot op watter ouderdom moet kalfies melk gegee word en is daar 'n spesifieke melk wat u aanbeveel? Ons het ook 'n kalfie gekoop waarvan die hare uitval: Op sy voorkop, op sy bene en selfs langs sy heupe val sy hare uit sodat net die kaal vel oorbly. Dit vererger sommer vinnig, sy oë dra ook baie. Verder lyk hy op en wakker. - Mariaan de Bruyn (petercarroll@lantic.net)

Antwoord

Deur: Dr. FRANCOIS DE VILLIERS

Vraag:
Tot op watter ouderdom moet kalfies melk gegee word en is daar 'n spesifieke melk wat u aanbeveel? Ons het ook 'n kalfie gekoop waarvan die hare uitval: Op sy voorkop, op sy bene en selfs langs sy heupe val sy hare uit sodat net die kaal vel oorbly. Dit vererger sommer vinnig, sy oë dra ook baie. Verder lyk hy op en wakker. - Mariaan de Bruyn (petercarroll@lantic.net)

Antwoord:
In die natuur drink kalfies tot ses, sewe maande aan hulle ma en dit is die ideaal. Maar as gevolg van koste en winsgewendheid, probeer ons hulle so gou moontlik van melk afkry om koste te bespaar. Melk is die duurste kos wat 'n mens vir 'n kalf kan gee. Die tweede beste keuse is melkvervangers, wat hoofsaaklik uit plantaardige vette en proteïene bestaan, en daarna 'n aanvangs- of groeimeel of korrels.

Met ander woorde, die hele doel is om die kalfie so gou moontlik van melk af op 'n melkvervanger te kry, en dan, vanaf die melkvervanger, op aanvangsmeel.

Die belangrikste voeding is die eerste 12 uur wat die kalf biesmelk moet kry om vir hom beskerming vir die volgende 5 maande teen siektes te bied. Deesdae word gepoog om tot 6 liter met 'n maagbuis in drie voedings vir die kalf in te gee.

Vir die volgende 2 tot 3 weke behoort die kalf 500 ml bies een keer per dag te kry sodat daar genoeg teenliggame in die dermkanaal voorkom om die kalf teen diarree (buikloop) te help beskerm. Dit is belangrik om te onthou dat as die moederdier nie teen die spesifieke organismes ingeënt is nie, of nie voorheen self daaraan blootgestel was nie, die teenliggame nié in die bies sal voorkom nie.

Ná elke voeding van melk of melkvervanger kan 'n klein bietjie meel in die emmer gegooi word sodat die kalf daaraan kan proe en ruik. Soos wat die kalf daaraan begin vreet kan dit apart in 'n emmer beskikbaar gestel word. Die een emmer met vars water moet die hele dag beskikbaar wees, of sy melk twee maal 'n dag tydens voeding, en die ander een permanent met 'n bietjie meel in.

Ná 4 tot 6 weke vreet die kalf gewoonlik genoeg meel sodat die melkvervanger weggeneem kan word. Die grootste fout wat boere maak, is om te dink dat die kalf nou kan begin gras vreet! 'n Kalf het vetsure, soos wat in 'n goeie groeimeel voorkom, nodig om sy grootpens te laat ontwikkel, en nie gras nie. Dit is hoekom daar so baie kalwers op die ouderdom van 3 tot 5 maande vrek, want hulle vrek van die honger.

Onthou, in die natuur drink die kalwers nog melk tot 7 maande, en dit gee hulle die geleentheid om goeie grootpense te ontwikkel sodat hulle optimaal vir die res van hulle lewens kan groei. Om 'n spesifieke melkvervanger of groeimeel aan te beveel, kan my net moeilikheid op die hals haal. Onthou net een ding, goedkoop koop is duurkoop. Dit is die grootste belegging wat jy maak op die kalfie, wat hom lewenslank gaan beïnvloed.

Die kalfie wat sy hare verloor kan verskeie oorsake hê, en behoort ondersoek te word om 'n goeie diagnose te maak. Net om 'n paar moontlikhede te noem:
1) Dit kan 'n genetiese afwyking wees.
2) Dit kan uitwendige parasiete, soos omlope, brandsiek, ens., wees.
3) Dit kan as gevolg van een of ander spoorelementtekort, soos sink, wees.
4) Dit kan deur een of ander siekte wat die koei onder lede gehad het terwyl sy dragtig was, soos BVD, veroorsaak word.
5) Dit kan sweetsiekte wees wat deur die bontpootbosluis veroorsaak word, ens.

21 Junie 2005

Addisionele dokument

4
Gemiddeld: 4 (8 votes)
Jou gradering: Geen
  • 4008 keer gelees
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbouweekblad advertensies
  • 'Vat kartel-gedrag vas'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction