Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Afronding / Voeding / Ruvoer-vir-beeste

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Ruvoer vir beeste

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 12 Januarie, 2012 - 12:15

Vraag

Is sonneblomdoppies voldoende ruvoer vir beeste?

Antwoord

Deur: DR. JASPER COETZEE

Ruvoer noodsaaklik vir lakterende diere

 Die ruvoerinhoud of te wel die veselinhoud van rantsoene is belangrik vir herkouers, met ander woorde herkouers soos beeste, skape en bokke moet 'n sekere hoeveel ruvoer inneem om optimale rumenfunksie te verseker . In die geval van ooie en koeie, wat melk produseer, sal 'n tekort aan ruvoer of waar die ruvoer te fyngemaal is die herkoutyd verkort. Weens die korter herkoutyd word die speekselproduksie verminder; die rumen-pH verlaag gevolglik omdat minder natriumbikarbonaat (koeksoda) vanaf die speeksel beskikbaar is en die asetaat:propionaatverhouding in die rumenvloeistof verlaag. Die gevolg van hierdie kettingreaksie is die bekende lae-melkvetsindroom.
 
Ruvoer noodsaaklik vir voerkraaldiere
 
Ruvoer voorsien effektiewe vesel wat dien as 'n "scratch factor" om die rumenpapillae (vingeragtige uitsteeksels in rumenwand) en speekselvloei te stimuleer (Coetzer, 2002). Dit help mee om asidose (suurpens) en laminitis te voorkom omdat dit herkou stimuleer waardeur speekselafskeiding verhoog word. Speeksel is hoog in natriumbikarbonaat (koeksoda) wat 'n uitstekende buffer is. In die verband is die ruvoerlengte, in gemaalde voerkraalrantsoene, 'n sleutelfaktor om uitstekende diereprestasie te verseker. Die ruvoerlengte word bepaal deur die gehalte en tipe ruvoer. Die aanbevole ruvoerlengte vir voerkraallammers vir swak gehalte ruvoer (bv. strooi en Eragrostishooi) is 10 – 15 mm); 15 – 20 mm vir medium (bv. hawerhooi en bemeste grashooi) en 20 – 25 mm vir goeie gehalte ruvoer (bv. lusern). Voermol se melassegebaseerde produkte (bv. Voermol Melassemeel en SS 200) bevat almal bagasse (suikerrietvesel) wat 'n uitstekende bron van effektiewe vesel is wat verseker dat diere voldoende effektiewe vesel inneem om hulle grootpense gesond te hou en metaboliese versteurings en ander probleme te beperk. Hoe hoër die ruvoerinsluiting in die voerkraalrantsoen, hoe minder gevalle van maagsteurnisse kom voor, maar hoe swakker die VOV en hoe laer die uitslagpersentasie. In 'n ondersoek waar lammers op lusernhooi alleen afgerond is, was die uitslagpersentasie 39.9 % teenoor 43.6 % toe die afrondingsrantsoen 66 % lusern bevat het (Van Niekerk, 1987). In 'n afrondingsrantsoen moet die ruvoer tot maksimum 15 % beperk word om uitstekende VOV en 'n hoë uitslagpersentasie te verseker. Die aanbeveling is om nie meer as 50 % van die lusern in 'n voerkraalrantsoen met 'n laer gehalte ruvoer te vervang nie om te verseker dat steeds 'n hoë vrywillige inname van die voerkraalrantsoen verkry word.
 
In die geval van voerkraallammers is 'n lae insluiting van 'n hoogs verteerbare en smaaklike ruvoer met 'n hoë voedingstof-inhoud belangrik. Lusern is feitlik die enigste ruvoerbron wat aan hierdie vereistes voldoen en dien ook as 'n uitstekende natuurlike buffer weens sy hoë kalsiuminhoud. Die kwaliteit van die ruvoer speel 'n belangrike rol by voerinname en groeitempo (GDT) van lammers. Brand et al. (1991) vind 'n reglynige afname in voerinname en GDT met die stapsgewyse vervanging van lusernhooi met laegraadse ruvoer soos strooi. Hoë ruvoerinsluiting asook die gebruik van 'n swak kwaliteit ruvoer met die doel om die rantsoen goedkoper te maak, verlaag die biologiese prestasie (i.t.v. GDT en VOV) en verhoog gevolglik die voerkoste per kilogram vleis geproduseer. Die gehalte en die tipe ruvoer vervul 'n belangrike rol in die voerkraalrantsoen. Hoe beter die gehalte van die ruvoer, hoe hoër die verteerbaarheid en hoe smaakliker is dit, wat dus 'n hoër energie-inname en 'n beter voeromsettingsverhouding (VOV) verseker.
 
Rol van ruvoer in rumenontwikkeling van kalwers
 
Die ontwikkeling van die rumen van die kalf is die tweede (die eerste is om voldoende bies in te kry), maar een van die mees kritiese doelwitte in die voeding van suiwelkalwers. Deur die rumen te ontwikkel, word die kalf in staat gestel om meeste van sy proteïen en energiebehoeftes self te voorsien in die vorm van mikrobiese proteïen en vlugtige vetsure. Die langtermynvoordele van gesonde rumenontwikkeling vanaf 'n jong ouderdom sluit in die moontlikheid om vroeër te speen, verhoogde weerstand teen speenskok, beter massatoenames (wat beteken dat teikenmassas makliker bereik word) en verminderde voerkoste omdat die kalf lae koste produkte soos ruvoer meer effektief kan benut.
 
Die pasgebore kalf is in beginsel 'n enkelmaagdier wat maklik verteerbare en hoogs voedsame voedingsoorte moet ontvang. Die rumen maak aanvanklik maar ongeveer 30 % van die volume van die mae van die kalf uit en moet binne agt weke vergroot tot meer as 60 % van die totale volume. Dit word moontlik gemaak deur die voer van die korrekte rantsoene wat die regte grondstowwe bevat en ook die korrekte verhouding van voedingstowwe.
 
Die ontwikkeling van die kalf se rumen bestaan uit twee aspekte, naamlik:
1.     Verandering en ontwikkeling van die fisiese grootte en volume.
2.     Verdikking van die rumenwand asook ontwikkeling en verlenging van die rumenpapillae.
By geboorte oorheers die melkpens. Die rumen is klein. Die rumen sal klein bly (papillae sal nie ontwikkel) solank die kalf melk of melkvervanger gevoer word. Die normale groei van die kalf mag selfs beter wees as die kalf wat meel ontvang, maar met speen sal die kalf wat net die vloeistofdieet ontvang het, erg geaffekteer word omdat hy nie die grane en ruvoer effektief kan verteer nie.
 
Die ontwikkeling van die rumen is omtrent geheel en al afhanklik van die wyse waarop die kalf gevoed word. Die inname van droë voere is primêr verantwoordelik vir die ontwikkeling van die rumen. Die vertering van grane gee aanleiding tot die vorming van bottersuur en propioonsuur. Bottersuur (een van die vlugtige vetsure wat as energiebron dien) is hoofsaaklik verantwoordelik vir die ontwikkeling van die rumenpapillae. Grane is oor die algemeen goeie produseerders van bottersuur en ook hoogs verteerbaar. Voere wissel in hulle vermoë om hierdie sure te produseer. Ruvoerbronne is oor die algemeen swak produseerders van bogenoemde sure en daarom is ruvoer redelik oneffektief in die ontwikkeling van die rumen van die kalf. Die vertering/fermentasie van ruvoer produseer oor die algemeen meer asynsuur. Die kalf het ook 'n baie beperkte vermoë om die voedingswaarde van ruvoere te ontsluit.
 
Die feit dat die rumen by geboorte nie funksioneel is nie, beteken dat die kalf dus nie NPN-bronne (bv. ureum) kan benut nie. Daarom is die insluiting van ureum nie gewens in kalfaanvangsrantsoene nie. Met 'n voedingsprogram wat die rumen stimuleer om te ontwikkel, is die herkou-aksie al reeds op agt weke by kalwers waargeneem. Dit beteken dus dat die kalf wel matige hoeveelheid ureum na speen kan hanteer. Dit is dus nie nodig om te wag tot op ses maande voor die kalf aan NPN-bronne blootgestel word nie. Onthou dat dit egter onsmaaklik is en in melasse gemasker behoort te word.
 
Die volgende twee foto’s (Figuur 1 en 2) illustreer die verskil in die ontwikkeling van die rumen tussen graan en ruvoerdiëte. Die grootte van die rumen is ongeveer dieselfde vir die kalf wat graan en die een wat ruvoer ontvang het, maar die ontwikkeling van papillae en gevolglik absorpsie-oppervlak is aansienlik groter in die geval waar grane die grootste deel van die dieet uitgemaak het. Die groter absorpsie-oppervlak beteken meer voedingstowwe sal geabsorbeer word. 'n Tweede groot verskil is dat daar veel meer bloedvate en gevolglik 'n beter bloedtoevoer is na die beter ontwikkelde rumen en vandaar die donker kleur. Hierdie bloedvate is nodig om die vlugtige vetsure te absorbeer. Die vlugtige vetsure is die herkouer se hoofbron van energie.
 
Dit is belangrik om te onthou dat die tekstuur van die kalfaanvangsrantsoen reg moet wees. Baie fyn rantsoene ontwikkel nie die rumen en rumenpapillae normaal nie. Dit veroorsaak dat hul dus ook nie optimaal sal funksioneer nie. Die rantsoen moet grof genoeg wees om die sg. "scratch factor" te verskaf vir normale ontwikkeling. Hier is 'n produk soos brouersgraan waardevol. Hoogs verteerbare veselryke produkte kan 'n groot bydrae speel in suksesvolle rumenontwikkeling. Indien die regte grondstowwe met die korrekte tekstuur dus gebruik word, sal hul voldoende vesel verskaf. Indien die kombinasie van grondstowwe beskikbaar egter nie grof genoeg is nie, sal die kalf baat vind by die insluiting van gemaalde ruvoer in die aanvangsrantsoen. Gemaalde hooi (1.5 – 3 cm lank) moet egter nooit apart gevoer word nie, maar moet deel van die aanvangsmeel uitmaak.
 
Vir die volledige artikel klik op onderstaande pdf.
 
                                                                                                                                   
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
1 Februarie 2012

Addisionele dokument

application/pdf icon
Ruvoer_vir_beeste.pdf
0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 328 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)


Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Grootmaak van melk-kalfies
  • 'Afslag-wyn' knou produsente
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction