|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek is 30 jaar oud en het al saam met my pa probeer boer, maar dit het nie gewerk nie. Ek sal graag weer deeltyds begin boer.
Vraag:
Ek is 30 jaar oud en het al saam met my pa probeer boer, maar dit het nie gewerk nie. Ek het 'n diploma in landbou-ingeneurswese en werk tans by 'n presisie-boerderyonderneming. Ek werk baie lekker maar sal graag weer deeltyds begin boer. Ek het nog werktuie, 'n trekker en 'n stroper. Hoe gemaak as ek nie wil hê dat iemand vir my borg moet teken nie? - Hennie Vermooten (hennievermooten@yahoo.com)
Antwoord: Dit verg redelik baie kapitaal om te begin boer. Daar is egter twee pluspunte in jou geval. Eerstens het jy tans 'n betrekking sodat daar darem brood op die tafel sal wees. Tweedens het jy trekkers en werktuie wat jou 'n klein voorsprong gee. Jy kan drie opsies oorweeg:
1. Huur lande en begin daarop te saai deur van jou salaris af te knyp vir insetkoste.
2. Werk om 'n deel met iemand wat die produksiemiddele kan aankoop (saad, kunsmis, plaag- en onkruiddoder) terwyl jy die meganisasiedeel behartig.
3. Kry 'n kontrakgroeiprogam soos Verus, Vrystaat Mielies of Lichtenburg Graan Trust waarmee jy op gehuurde grond kan plant.
'n Jaar of twee gelede sou al bogenoemde opsies redelik goed gewerk het. Op die oomblik is die pryse van graan egter so laag dat daar bykans nie 'n gewas is wat winsgewend geproduseer kan word nie. Oorweeg die moontlikheid van sojabone, sonneblomme of selfs droë bone en probeer beslis vooraf 'n prys vasmaak sodat jy weet waarvoor jy jou inlaat. Mielies sal vir die komende jaar beslis 'n swak keuse wees. Iemand in jou posisie moet aanvanklik maar konserwatief wees en eers reserwes bymekaar kry voordat jy jou nek op meer riskante gewasse begin uitsteek. Probeer om so lank as moontlik deeltyds te boer terwyl jy 'n boerdery op die been probeer bring.
25 Mei 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24