Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Entstowwe-en-middels / Bees-virus-diarree-bvd / Bvd-entstof-en-aborsies

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

BVD-entstof en aborsies

Ingestuur deur Janbez op 26 Mei, 2009 - 13:59

Vraag

'n Leser vra of daar 'n verbinding tussen BVD-entstof en aborsies is en een van ons kundiges help.

Antwoord

Deur: Dr. LOURENS HAVENGA

Vraag:
Ek het 'n paar jaar vantevore my verse teen BVD gespuit (speentyd) en tien maande later gebul. Dit was die eerste keer dat ek aborsieprobleme in my kudde ondervind het. Bloedtoetse het aan die lig gebring dat abortering hoogs waarskynlik deur BVD-verwante redes veroorsaak is. Ek het geen soortgelyke probleme voorheen gehad nie. Ek het die praktyk gestaak en handhaaf nog steeds 'n kalfpersentasie van bo 85%. Was die entstof die katalisator van die probleem? - Faan (faanhet@iway.na)

Antwoord
Eerstens is dit 'n aanvaarde praktyk om verse VOOR hulle gedek word teen BVD (beesvirusdiarree) in te ent. Wat baie belangrik is, is om 'n goeie immuniseringsprogram te volg.

Indien 'n gemodifiseerde lewende virus-entstof gebruik word en die eerste inenting tydens speentyd gegee word, is dit BAIE RAADSAAM om dit 4-6 weke later met 'n skraagdosis op te volg. Wat ons moet onthou, is dat ons 'n fetus wil beskerm. Gevolglik moet daar WEER 'n maand voor teling ingeënt word.

In antwoord op die bogenoemde vraag het die enkele inenting met die entstof teen BVD en teling 10 maande daarna, waarskynlik net 'n deel van die kudde beskerm. 'n Verdere vraag wat nie duidelik blyk uit die inligting nie, is watter tipe entstof gebruik is. Indien 'n ge&iunl;naktiveerde entstof ("dooie entstof") gebruik is, MOET twee inentings 4-6 weke uitmekaar gegee word, anders is daar baie min beskerming teen 10 maande na enting.

Die rede vir BVD-verwante aborsies, in die geval (10 maande NA enting), is eerder toe te skryf aan veld virusuitdaging. Virus uitskeiding kon of van 'n siek bees af gekom het, wat virus tydens die teelseisoen uitgeskei het, OF VEEL EERDER van 'n besmette draerdier, wat permanent met BVD besmet is en voortdurend die virus uitskei. Daar is goeie toetse beskikbaar om die draers te identifiseer en uit die kudde te verwyder.

Net 'n laaste punt. 'n Kalfpersentasie van 85% word genoem, maar is nie gekwantifiseer nie. Wat is die lengte van die teelseisoen - vir koeie en vir verse?

Indien bulle die heel jaar by die koeie loop, is 'n kalfpersentasie van 85% nie 'n aanduiding dat daar nie vrugbaarheidsprobleme in die kudde is nie. Indien die teelseisoen 90 dae vir koeie is, is ek oortuig dat met addisionele insette dit na 90% of self hoër opgeskuif kan word.

Ek was onlangs by 'n kudde naby Reitz, waar bestuur en siektebeheer uitstekend is en die dragtigheidspersentasie vir die totale kudde 96% vir die afgelope 3 jaar is.

Lees ook:  PDF hieronder.)

Geskryf deur: Dr. Lourens Havenga, Animalia (lhavenga@halls.co.za)

26 Mei 2009

 

Addisionele dokument

application/pdf icon
BVD.pdf
0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 2956 keer gelees
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuwe hoofbestuurder vir Graan
  • Wapens van die Ou Kaap
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction