|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek het die raad gekry om bokke en skape Stockholm-teer in te gee as 'n doseermiddel. Wat ek al gesien het, is dat die skape en bokke mooi verhaar en hulle lyk sommer gesond vir 'n tyd. Dit lyk vir my dit help ook vir bosluise. Het dit miskien enige newe-effekte? - Wilfred Olivier (willo@africaonline.com.na)
Vraag:

Antwoord:
Ek kry dikwels vrae oor boere wat een of ander produk of huishoudelike middel wil gebruik vir die bestryding van parasiete. Alle middels wat oor toonbanke verkoop word vir die gebruik in diere, moet geregistreer word onder Wet 36 van 1947. Dit is die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumiddels en Veemiddels.
Om te voldoen aan die vereistes van die wet, moet 'n firma deur uitgebreide proewe kan bewys dat die middel:
Miljoene rande word bestee om middels wat doeltreffend en veilig is, te ontwikkel. Help ons om middels korrek te gebruik deur die aanwysings sorgvuldig te lees voor gebruik.
Stockholm-teer bevat chemiese stowwe wat selfs kanker kan veroorsaak en die middel is NIE geregistreer vir die inwendige gebruik van diere nie. Dit word dus ten sterkste afgekeur dat die middel gedoseer word.
25 Februarie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24