Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Kalwerprobleme / Diarree-kalwers-wat-om-te-doen

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Diarree in kalwers: wat om te doen

Ingestuur deur Faffa op 31 Januarie, 2010 - 07:37

Vraag

My kalwers, ongeveer 3 maande oud, se mae werk en vrektes kom voor. Wat moet ek doen?

Antwoord

Deur: Dr. FAFFA MALAN

Byna elke dag hoor ons van boere wat probleme met diarree in hulle vleisbeeskalwers het.

Dit is uiters belangrik dat daar ‘n diagnose van die probleem deur u veearts gemaak moet word om kalwerverliese te voorkom, asook om voorkomende maatreёls te tref om verdere uitbreke te beperk.
Van die belangrikste kieme wat tans uit die mis van kalwers met diarree geїsoleer word, is:
Escherichia coli (E.coli): Daar is meer as 20 stamme wat gifstowwe afskei en diarree kan veroorsaak. Die voorkoms van die verskillende stamme verskil van plaas tot plaas en daarom is dit belangrik dat vasgestel word watter stam of stamme die diarree veroorsaak.
Salmonella stamme: Daar is verskillende stamme (S.Dublin, S.Typhimurium, S. Bovismorbificans) wat siekte kan veroorsaak. Dit is dus ook belangrik dat vasgestel word of een of meer van hierdie kieme betrokke is.
Mikoplasmas: Hierdie kieme word al hoe meer gevind en ons weet nog nie presies wat hulle rol in die voorkoms van diarree uitbreke is nie.
Virusse: Virusse soos bv. rota en corona virusse kan ook diarree in kalwers veroorsaak.
Parasiete: Inwendige parasiete soos bv. bankrotwurms, peervormige slakwurms, koksidiose kan ook diarree veroorsaak.
Diagnosering van die probleem:
U veearts sal mis van diere wat diarree het voor behandeling versamel en so gou as moontlik op ys na ‘n laboratorium wegstuur wat tussen die verskillende stamme van E.coli en Salmonella kan onderskei. Hierdie laboratorium sal ook antibiogramme (die bepaling van watter antibiotika teen die kieme werksaam is) doen, sodat die regte behandeling vir die kalwers toegedien kan word. Daar is al hoe meer kieme wat nou weerstandig teen die antibiotika’s is waar hulle vroeёr vatbaar was.
’n Misondersoek moet ook gedoen word om te bepaal of parasiete nie die diarree veroorsaak het nie.
Behandeling:
U veearts sal u van middels kan voorsien om die kalwers te hidreer (elektroliete). Nadat die resultate van die antibiogram bekend is, sal ‘n effektiewe middel voorgeskryf word vir die behandeling van die kalwers.
Voorkoming:
Daar is kommersiёle entstowwe teen E.coli en Salmonella beskikbaar wat toegedien kan word. Die entstowwe sal slegs goed werk as die kieme in die entstof ooreenstem met die kieme wat die diarree in die kalwers veroorsaak. U veearts sal u van meer inligting kan voorsien.
‘n Outogene entstof kan ook van die kieme wat van die kalwers met diarree geїsoleer is, gemaak word. Vir verdere besonderhede kontak bio-inv@iafrica.com.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, dr. Daan Goosen en Adriaan Botha
30 Januarie 2010
Lees ook:
Diarree in beeste
Diarree by jong kalfies        
Wit maagwerkings by kalwers
Salmonella-infeksies in kalwers en beeste
Rondewurms en kliniese tekens van inwendige parasiete in herkouers               
Peervormige maagslak
Probleme met peervormige slakwurm
 
 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 2338 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Zim-boere moet 'nuut dink'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction