|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek is 'n eerstejaarstudent in dieregesondheid en ek sit met 'n kalfie wat drie weke oud is, maar gedurende die laaste twee weke, hewig verwaarloos is, wat tot 'n baie verswakte toestand gelei het. Dit is so erg dat die kalfie nie kan staan nie. Ek het haar al eiergeel, suiker en sout saam met die melk ingegee (sy suip al baie sterker) en ook 'n 15cc vitamiene aanvulling gespuit. Kan u asb. vir my enige verdere raad gee met betrekking tot wat ek kan doen? Soos ek verstaan het sy die eerste vier dae na geboorte wel bies ingekry. Ek vermoed 'n verswakte immuunstelsel. Ek sal dit waardeer as u my kan uithelp.
Jou vraag oor die voeding van ‘n swak kalf, is iets waarmee baie mense sukkel... die vraag is dus baie relevant! Teen die tyd dat jy hierdie antwoord lees, sal die kalf al ten volle herstel het of reeds gevrek het... jammer vir die stadige antwoord van my kant af. Ek het 'n besige tyd op die plaas gehad - soos dit is, skryf ek nou nadat ek van die melkstal af teruggekom het... dis nou 00:45 - na middernag...! Ons melk vir 22 uur per dag aan 1 800 koeie waarvan sommige koeie 3 keer en ander 2 keer per 24 uur gemelk word...
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24