|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek sou graag meer inligting van George wou gehad het oor die geval:
Jou DD (differensiaal lys, verskillende moontlikhede) lys lyk vir my reg, 'n mens kan dalk lantanavergiftiging en die ander respiratoriese virusse (vernaam parainfluensa 3 (PI-3) ) byvoeg as moontlikhede.
Ek glo egter die diagnose in hierdie (alhoewel kort) beskrywing lê in
die epidemiologie:
Slegs speenkalwers, winter, almal na speen, infeksiesiekte vermoed, hoë
morbiditeit (insidens) en matige mortaliteit ("case fatality rate"). Dit
is 'n baie tipiese epidemiologiese geskiedenis vir respiratoriese
siektekompleks (pasteurellose of longontsteking) en ek dink nie 'n mens
moet eers na ander dinge kyk voordat dit nie uitgeklaar is nie. Die
vraag is egter waarom kom dit ewe skielik hierdie jaar voor en nie
voorheen nie. Die antwoord lê myns insiens sekerlik by die primêre
virusbesmetting wat hier 'n rol gespeel het. Dit kan een van 4 wees,
alhoewel IBR (besmetlike beesrintrageїtis), BVD (beesvirusdiarree) en PI-3 baie meer algemeen as BRSV (bees respiratoriese sinsitiale virus infeksie) is. Daar moet
iewers in die kudde 'n draer van een van die virusse rondloop en heel
waarskynlik is die draer in hierdie groep kalwers. Heel waarskynlik is
die draer ongelukkig ook al dood dus sal ons hom nie kan opspoor nie. Dit
is moeilik om te bespiegel wat die presiese rol van sekondêre bakteriële
infeksie hier is. Om die diagnose te probeer vasstel, sou ek eerstens
gepaarde serum vir serologie van die 4 virusse doen: in diere wat akuut
siek is en dan weer 3 weke later (in die wat hopelik herstel het).
Tweedens sou ek trageale spoelings doen en die bakterie probeer
identifiseer en antibiogramme doen.
'n Mens sal ook moet gaan ondersoek instel na enige
bestuursveranderinge wat hiertoe kon lei of enige nuwe diere (beeste,
skape, wild ens.) wat ingebring is.
In die geval van snotsiekte, indien die vrektes onlangs (m.a.w. in die
winter) voorgekom het, dink ek snotsiekte is onwaarskynlik. Die
morbiditeit van snotsiekte is baie laer as die beskrywing en dit kom
gewoonlik eerder sporadies voor as in 'n groot uitbreek soos hier
beskryf is. Die kliniese beskrywing klink egter nogal verdag en die
diagnose is eenvoudig en goedkoop, dus sou ek dit in elk geval laat
doen.
In die geval van Runderpes sou nie net die kalwers siek geword het nie,
maar die hele trop. Ek sou dit nie as ‘n oorsaak oorweeg nie.
Mukosasiekte (MD) se insidens is baie laag. Die rede is dat dit slegs in PI (permanente besmette diere) diere voorkom (waarvan die insidens reeds laag is in 'n besmette kudde:
van 0.5 tot 5%) wanneer hulle boonop met die sitopatiese stam van
dieselfde serotipe van BVD besmet word. Dus is daar 'n verskeidenheid
van toevallighede wat in dieselfde individu moet voorkom voordat dit MD
tot gevolg sal hê.
Die kliniese beskrywing is nie vir my tipies vir Slendalkoors (SDK) nie en buitendien
is dit die verkeerde tyd van die jaar. Ek sou dit nie sterk oorweeg nie. Indien vir SDK
getoets word, behoort vir bloutong ook getoets te word. Alhoewel ek dink
dis uiters onwaarskynlik, het sekere bloutong serotipes wat onlangs in
Europa voorgekom het, erger siekte in beeste as in skape veroorsaak!
Lantanavergiftiging kan beslis in speenkalwers voorkom en mortaliteit veroorsaak. Die rede is omdat hulle nog sterk ondersoekende gedrag toon, nie die plant ken nie en honger is! Kan nogal soortgelyke tekens soos deur Georg beskryf, veroorsaak alhoewel die beeste altyd na 'n paar dae ikterus (geelsug) ontwikkel.
Hoop dit help.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Jammer, Dokter, ek moes meer inligting gegee het. Die diere loop in die sentraal-ooste van Namibie. Daar is geen Wildebeeste waarvan ons weet, maar wel skape. BVD word nie as 'n reel geent, omdat dit redelik onbekend is hier. Wat opval is dat net die kalwers siek geword het, nadat hulle van die ma's geskuif is. Die koeie makeer niks. Van die ander siektes wat jy noem ken ons net die naam en ent nie daarteen nie. Daar was verskeie veeartse betrokke by die diagnoses. Ene het van "Rift Valley Fever" gepraat. Monsters is Onderstepoort toe, maar nog geen terugvoering. Twee van die kalwers is by die huis gehou. Hulle het meer as drie weke gesukkel voor hulle vrekgeskiet is. By snotsiekte gaan hulle binne dae dood. En by BVD? Iemand het ook van hondsdolheid gepraat - maar sy simptome is tog vir ons bekend, en lyk glad nie so nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)