|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek hoor my buurman praat van BVD. Watter soort siekte is dit en kan dit regtig skade doen?
Vraag:
Ek hoor my buurman praat van BVD. Watter soort siekte is dit en kan dit regtig skade doen?
Antwoord:
Beesvirus-diaree (BVD) word veroorsaak deur 'n virus wat oorgedra word van een bees na 'n ander. Die virus veroorsaak verskeie reproduksie- en produksieprobleme.
'n Bees wat met die BVD-virus besmet is, skei die virus in alle vloeistowwe uit. Gewoonlik sien 'n mens geen kliniese simptome nie, wat beteken dat dit baie moeilik is om diere te identifiseer wat besmet is.
As 'n koei dragtig is wanneer sy besmet word, is daar verskeie gevolge, afhangend van die stadium van dragtigheid. Binne die eerste drie weke word die fetus geresorbeer en die dier sal weer hitte-tekens wys. Die gevaartydperk is tussen 3 weke en 4 maande van dragtigheid. In hierdie tydperk word die fetus besmet en word dit as 'n blywend geïnfekteerde (PI) dier gebore. Hierdie dier is 'n aanhoudende bron van infeksie vir die res van die kudde.
Ander gevolge van BVD is: Verlaagde konsepsiesyfers, verlaagde dragtigheidsyfers, verlaagde melkopbrengs en 'n verhoging in siektes soos mastitis en vrotpootjie. Die BVD-virus veroorsaak ook gereeld aborsies.
Dit is baie belangrik om teelkuddes jaarliks met 'n dooie entstof in te ent, wat fetusse teen die virus sal beskerm.
7 Januarie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24