Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Siektes / Drie-dae-stywesiekte / Drie-dae-stywesiekte-beeste

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Drie-dae-stywesiekte by beeste

Ingestuur deur Janbez op 22 Maart, 2006 - 12:43

Vraag

Ná die baie reën het ek baie gevalle van drie-dae-stywesiekte onder die jonger beeste gekry.

Antwoord

Deur: Dr. FAFFA MALAN

Vraag:
Ná die baie reën het ek baie gevalle van drie-dae-stywesiekte onder die jonger beeste gekry. Die gevalle wissel van ligte tot erge gewrigspyn. Vanoggend 'n bees gekry wat opgeblaas is en op haar sy lê - sy was gisteraand nog perdfris. Teen 10:00 het sy gevrek. Kan dit wees dat die siekte haar hartspiere aangetas het of het sy agv haar lê-posisie komplikasies opgedoen? - Paul Meulenbeld (PMeulenbeld@coal.anglo.co.za)

Antwoord:
Ná die goeie reën wat in groot dele van die land geval het, kom Drie Dae Stywesiekte (DDSS) in beeste algemeen voor. DDSS is 'n infeksiesiekte van beeste en waterbuffels en word veroorsaak deur 'n insek oorgedraagde virus.

Die virus is al geïsoleer uit muskiete en muggies, maar verdere werk moet nog gedoen word om al die draers van die siekte na te vors. Die uitbreke van die siekte kom in siklusse, wat gekoppel is aan nat jare, voor.

Die siekte kom wydverspreid in Suid-Afrika voor waar beeste loop en gewoonlik gedurende die somer en herfs totdat die eerste ryp val. In Namibië kom die siekte jaarliks en selfs in die winter voor.

As 'n bees een keer DDSS gehad het, duur die immuniteit wat ontwikkel gewoonlik lewenslank. By uitsondering kan 'n bees die siekte twee keer opdoen en dan word geredeneer dat die eerste aanval te lig was om 'n goeie immuniteit op te bou.

Waar ons in 2006 'n epidemie van DDSS het, sal die meeste beeste 'n goeie immuniteit opbou en behoort die siekte eers weer oor 'n paar jaar weer epidemiese afmetings aan te neem wanneer daar weer 'n vatbare populasie is.

Siektetekens
Die DDSS-virus tas die selle van klein bloedvaatjies aan. Die gebiede waar inflammasie veral voorkom, is die peesskedes, gewrigte, spiere en vel. Die opneem van kalsium uit die kos word verhoed. Daar is gevind dat diere wat op bloubuffelsgras loop, nog 'n erger kalsiumtekort ontwikkel. Diere raak terneergedruk, die rumen gaan staan en hul raak gekonstipeer, hulle kan nie sluk nie en gaan lê. Dieselfde toestand ontwikkel as wat in melkkoors voorkom.

In die meeste gevalle is die siekte van korte duur en daarom die naam "drie-dae-stywesiekte". Herstel is vinnig, selfs in diere wat erg aangetas is. Die siekte ontwikkel vinnig met 'n hoë koors tot 41 °C. Kliniese tekens is erger in lakterende diere, asook in ouer diere en diere in goeie kondisie. Vrektes is so laag as 2 tot 3 persent. Die temperatuurreaksie het twee pieke 12 tot 24 uur uitmekaar. Styfheid en pyn van die hele lyf en pote ontwikkel. Diere word mank, nek word styf en dier staan met gekromde rug en wil nie loop nie. Daar is gewoonlik 'n waterige neusuitloopsel en soms ook 'n ooguitloopsel. Gewrigte mag swel, asemhaling en polstempo versnel. Spiertrillings kan waargeneem word. Soms swel die kop ook op.

Sommige diere gaan lê op hulle bors, maar staan op as hulle met 'n prikstok geskok word. Ander kan egter nie opstaan nie, kan nie sluk nie, blaas op, het erge spoegloop en die kop word na die sy gedraai. Soms ontwikkel diere lugblasies onder die vel, amper soos sponssiekte, a.g.v. longblasies wat bars na geweldige longemfiseem wat ontwikkel het.

Daar is ook gevalle waar diere omval, hul reflekse verloor, in 'n koma gaan en vrek. Dit is waarskynlik wat met hierdie bees van jou gebeur het, maar hierdie geval is 'n uitsondering. In melkkoeie is daar 'n val in melkproduksie met verhoogde somatiese seltelling. Aborsies mag voorkom, veral in swaar dragtige koeie. Bulle mag tydelik onvrugbaar word.

Ander siektes waarmee DDSS verwar kan word, is: Fosfaattekort, Crotolaria (Stywesiektebossie) plantvergiftiging, lamsiekte, sponssiekte, mufvergiftiging van mielies, bloutong, beserings.

Behandeling:

  • Rus met goeie versorging.
  • Waardevolle diere kan aarvoeding toegedien word deur 'n veearts.
  • Anti inflammatoriese middels en antibiotika kan deur 'n veearts voorgeskryf word.
  • As tekens soortgelyk aan melkkoors ontwikkel, kan kalsiumboroglukonaat toegedien word -bespreek prosedure met veearts.
  • Voordat iets deur die bek toegedien word, moet eers vasgestel word of die dier kan sluk.
  • Diere wat herstel moet genoegsaam tyd gegun word om te rus.
  • Diere kan jaarliks voorkomend ingeënt word met DDSS entstof wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte verskaf word. Die beste tyd om veral melkkoeie in te ent, is laat winter of vroeg lente. Die vermenging van die entstof moet streng volgens voorskrif geskied - lees die pamflet noukeurig deur.

     

  • Geskryf deur: dr Faffa Malan.
  • Bron: Coetzer JAW en Tustin RC 2004. Infectious Diseases of Livestock 2nd edition, Oxford University Press ISBN 0195761707.

    22 Maart 2006

Addisionele dokument

4.875
Gemiddeld: 4.9 (8 votes)
Jou gradering: Geen
  • 3228 keer gelees
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kaassoufflé
  • 'Vuilbewerking' staan sy man
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction