|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ons boer met Jerseys in Cullinan. Ons het onlangs koeie aangekoop uit die Amersfoort omgewing. Die koeie het egter ’n rooi kolletjie uitslag agter op hulle uiers. Dit vorm later ’n rofie en laat dan ’n rooi letsel agter. Dit is baie onooglik. Ons is veral bekommerd oor die oordraagbaarheid daarvan na die res van ons melkkoeie. As ons kalfies die koeie se melk drink sal hulle ook aansteek? Baie dankie.
Daar mag verskeie oorsake vir hierdie rooi kolletjies wees en ‘n volledige kliniese ondersoek deur ‘n veearts word aanbeveel.
Hieronder volg ‘n lys van ‘n paar moontlike oorsake (differensiële diagnoses) wat deur ‘n veearts oorweeg mag word nadat die diere klinies ondersoek is.
1. Allergiese dermatitits (velontsteking) moontlik agv foutiewe speendope of ander irriterende middels wat gebruik word om die uier en spene vir die melkproses voor te berei of as gevolg van kontak met irriterende middels in en op die grond waar die koeie lê.
2. In koeie met baie wit uiers mag sonbrand ‘n rol speel, veral as die koeie dalk foto- of ligsensitief is. Ligsensitiwiteit het weereens baie oorsake, maar sekere gifplante wat die lewer aantas, mag dit veral veroorsaak.
3. Herpes mammilitis veroorsaak deur ‘n herpesvirus wat soortgelyk aan koorsblare is.
4. Pseudokoeipokke wat ook na mense oorgedra kan word. Melkers sien gewoonlik dieselfde letsels op hulle hande.
5. Vellaserasies of skaafwonde en brandwonde.
6. Insekte bv. steekvlieë of muskiete
Soos u dus kan sien is dit onmoontlik om ‘n diagnose op hierdie manier te maak. Sommige van die moontlike oorsake hierbo genoem is hoogs aansteeklik en ek verwys u weereens na u veearts om eerstens ‘n korrekte diagnose te maak en om ook dan die korrekte behandeling voor te skryf.
5 Augustus 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)